Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Mallett Saterdag terug op die kassie

Nick Mallett maak die naweek sy langverwagte terugkeer na die SuperSport-ateljee in Randburg.

Nick Mallett is Saterdag terug op die kassie as rugbyontleder vir SuperSport. Foto: Gallo Images

Mallett het Dinsdag bevestig dat hy Saterdag vir die eerste keer sedert die Ashwin Willemse-voorval van 19 Mei as rugbyontleder vir SuperSport sal optree.

Naas Botha, wat saam met Mallett in die ateljee was toe Willemse in ’n regstreekse uitsending van die stel gestap het, het verlede week sy terugkeer gemaak.

Willemse het Mallett en Botha van neerhalende gedrag teenoor hom beskuldig en ook na hulle as spelers van die apartheidsera verwys, voordat hy die ateljee verlaat het.

’n Onafhanklike ondersoek wat deur die senior advokaat Vincent Maleka na die voorval gedoen is, het geen bewyse van rassisme deur Mallett of Botha gevind nie.

Willemse het Dinsdagoggend vir die eerste keer met die media oor die voorval gepraat.

Hy het op Eusebius McKaiser se radioprogram op 702 gesê hy het na Mallett en Botha uitgereik ná die voorval.

Mallett wou nie hieroor kommentaar lewer nie.

Willemse het ook gesê hy sal aan ’n proses van die Menseregtekommissie met betrekking tot die verslag deelneem. Hy hou ook vol dat rassisme wel ’n rol gespeel het.

Dit is nog onduidelik saam met wie Mallett Saterdag in die ateljee gaan wees vir die Superrugby-wedstryde tussen die Leeus en die Bulle (15:05) en die Haaie en die Jaguares (17:15).

Meer oor:  Naas Botha  |  Ashwin Willemse  |  Supersport  |  Nick Mallett
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.