Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Malligheid’ om Eddie Jones te pos

Die Engelse slot George Kruis glo dit sal “malligheid” wees om Eddie Jones as nasionale afrigter af te dank.

Eddie Jones is onder druk om sy pos te behou ná Engeland se swak Sesnasies-veldtog. Foto: Getty Images

Jones se toekoms is ’n warm besprekingspunt ná die Rose se swak vertoning in die afgelope Sesnasiesreeks.

Engeland, die kampioen in 2020, het die seisoen in die vyfde plek afgesluit. Dit ewenaar die span se swakste veldtog sedert 2018 toe Jones ook aan die stuur was.

Die Engelse Rugbyunie (RFU) het in Maart bevestig die 61-jarige Aussie se posisie as hoofafrigter word hersien.

Jones, die bes betaalde breier in wêreldrugby, het verlede April sy kontrak met die RFU tot aan die einde van die Wêreldbekertoernooi in 2023 verleng. Dié ooreenkoms bevat egter glo ’n klousule dat hy vroegtydig in die pad gesteek kan word.

Daar is diegene wat graag wil sien dat Jones die deur gewys word, insluitende Clive Woodward, die man wat die Engelse afgerig het toe hulle die Webb Ellis-trofee in 2003 verower het.

Hoewel Engeland ’n teleurstellende Sesnasies-toernooi beleef het, spog Jones met ’n wenrekord van 77%, iets wat in sy guns sal tel.

“Dit sal malligheid wees om Eddie af te dank,” sê Kruis volgens Rugby365.

“Dit is belaglik hoe ’n goeie afrigter hy is. Hy het die respek van die span en dit is uiteindelik die belangrikste ding wat saak maak.”

Kruis sê hy dink die media is goed daarmee om sake te oordryf en ’n kwessie erger te laat voorkom as wat dit is.

“Die goeie ding van Eddie is dat hy altyd gewillig is om meer te leer en om te verbeter. Eddie is gedurig in kontak met ander afrigters, sielkundiges en bestudeer selfs ander sportsoorte vir enigiets wat hy kan wys word om op sy eie span toe te pas,” sê hy.

“Dus, na my mening, sal dit malligheid wees.”

Verskeie name is reeds genoem in bespiegelings oor wie Jones kan vervang, insluitende die Crusaders se suksesvolle Scott Robertson.

Die RFU sal na verwagting binne die volgende paar weke sy hersieningsproses afhandel. – Sportredaksie

Meer oor:  Rose  |  Toetsrugby  |  Eddie Jones  |  George Kruis  |  Engeland  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.