Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Manana wil ‘moue oprol’ by Madibaz

Die oud-Springbok Thando Manana is vasbeslote om van die Madibaz weer ’n krag in universiteite-rugby te maak.

Thando Manana / Foto: Gallo Images

Manana is die afgelope Vrydag tot president van die Madibaz-rugbyklub verkies.

“Jy kry die ouens wat net praat en niks doen nie. Ek wil nie as een van hulle bekend staan nie,” sê Manana.

“Die hoofdoel is om die Madibaz weer in die Varsitybeker-reeks te kry. Dit is belangrik dat ons ’n sterk universiteitspan moet hê.

“Die universiteit het deur die jare baie spelers vir die Oostelike Provinsie gelewer en ons moet seker maak dat dit weer gebeur.”

Manana sê hy is selfs bereid om sy moue op te rol en die afrigters te help.

“Ek is bereid om my hande vuil te maak om suksesvol te wees. Ek wil ’n vaderfiguur vir die jong spelers wees,” sê hy.

Manana voel sterk daaroor dat belowende spelers in die OP gehou moet word.

“Om weer ’n akademie op die been te kry, is noodsaaklik,” sê hy.

“Ons almal in die OP moet saamwerk om dit reg te kry. Ons by die Madibaz sal beslis luister na die OP Rugbyunie se planne ten opsigte van die akademie en hopelik sal ons kan saamwerk om ’n sukses daarvan te kan maak.”

Meer oor:  Thando Manana  |  Varsitybeker  |  Madibaz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.