Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Manu moet kies tussen Rose of Franse fortuin

Engeland se stormram-senter Manu Tuilagi sê hy wil ná die voltooiing van die Sesnasies-reeks diep oor sy rugbytoekoms gaan besin.

Die Engelse senter Manu Tuilagi is by ’n kruispad in sy loopbaan. Foto: Getty Images

Dié 27-jarige se kontrak met die Leicester Tigers verstryk aan die einde van die seisoen en hy word verbind met ’n lonende skuif na die Paryse klub Racing 92.

Indien Tuilagi egter die Engelse kanaal oorsteek, sal dit vir eers ’n einde aan sy toetsloopbaan bring. Die rede daarvoor is dat die Engelse Rugbyunie (RFU) slegs spelers kies wat hul klubrugby in die Engelse Premierliga speel.

Tuilagi se toetsloopbaan is vir etlike jare deur beserings ontwrig, maar hy het vanjaar ’n suksesvolle terugkeer in die Sesnasies-reeks gemaak en dít sal ook swaar op sy gemoed weeg.

“Dit gaan die moeilikste besluit van my loopbaan wees. Daar is baie op die spel,” het Tuilagi aan verslaggewers gesê.

“Vir nou is my fokus uitsluitlik op Engeland en die Sesnasies-reeks en ek is uiteraard ook toegewyd aan Leicester en lief vir dié klub.

“Ek sal ná hierdie Sesnasies-veldtog alle opsies tot my beskikking moet opweeg en uiteindelik ’n besluit neem.”

Tuilagi het in die openingswedstryd teen Ierland die eerste keer in vyf jaar ’n wedstryd vir Engeland begin en het sy plek vir die kragmetings met Frankryk en Wallis behou.

Die Rose se volgende kragmeting is ’n tuiswedstryd op 9 Maart teen Italië. Hul laaste wedstryd is die daaropvolgende week teen Skotland – ook op Twickenham. 

– Reuters

Meer oor:  Top14  |  Rose  |  Toetsrugby  |  Manu Tuilagi  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.