Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vrystaat gee ‘moeë’ Rhule kans vir asem skep

Die Vrystaat-Cheetahs se Springbok-vleuel Raymond Rhule kry die naweek ’n blaaskans wat meebring dat die Suid-Afrikaanse A-span se vleuel Makazole Mapimpi sy buiging vir hulle sal maak.

Mapimpi en die heelagter Malcolm Jaer, wat hulle Maandag vanaf die Southern Kings by die Vrystaat aangesluit het, is twee van die agt veranderinge (waarvan een posisioneel) in die 22-tal.

Die vleuel Makazole Mapimpi maak sy Curriebeker-buiging vir die Vrystaat-Cheetahs Sondag in Bloemfontein teen die Westelike Provinsie. Foto: Mlungisi Louw

Die Vrystaat speel Sondag in Bloemfontein in sy tweede Curriebeker-wedstryd van die reeks teen die Westelike Provinsie.

Jaer is op die plaasvervangersbank gekies in die plek van Cecil Afrika, wat verlede week sy Curriebeker-buiging vir die Vrystaat gemaak het.

“Dit was nodig dat Raymond dié week ruskans kry. Hy het ’n taai Superrugby-veldtog agter die rug en het in ons eerste Curriebeker-wedstryd verlede week ook gespeel. Daarna is hy reguit na die Springbok-oefenkamp toe.

“Mapimpi is ’n opwindende speler en hy het ’n goeie Superreeks gehad saam met die Kings en ons sien uit na sy bydrae,” sê Rory Duncan, afrigter van die Vrystaat.

Rhule, die kaptein en senter, Francois Venter, Oupa Mohoje, Uzair Cassiem en Ox Nche het Donderdagoggend by die Vrystaat-groep se voorlaaste oefening aangesluit. Hulle was sedert Maandag by ’n Springbok-kondisioneringskamp in Stellenbosch.

Wat die veranderinge in die agttal betref, keer die Bok-flank Mohoje terug na die beginspan in die plek van Cassiem, wat op sy beurt op agtsteman uitdraf in die plek van Henco Venter. Laasgenoemde neem Chris Dry se plek op die plaasvervangerbank in.

Justin Basson vervang die slot Carl Wegner en in die voorry vervang Tom Botha vir Aranos Coetzee.

Die ander verandering op die bank is die veteraan Rayno Benjamin, wat JW Jonker vervang.

Duncan sê dit was glad nie maklik om sy beginspan vir dié belangrike wedstryd saam te stel nie.

Hy het veral kopgekrap oor die weglating van Wegner, wat las van ’n ligte dyspierbesering het wat hom hoogstens ’n week langs die kantlyn sal hou.

“Hy het die besering vroeër die week opgedoen en het insluiting in die span net-net misgeloop. Ons het besluit om hom eerder te laat rus en hom heeltemaal reg te hê vir ons volgende wedstryd.

“Voete (Justin Basson) kry nou sy kans in die beginspan en dan was daar ’n speler soos Armandt Koster wat ook verkiesbaar was. Al die spelers tot ons beskikking lyk op die oomblik goed,” sê die breier.

Hy het ’n lansie gebreek vir Jaer en Benjamin wat hy op die bank gekies het.

“Jaer het ’n belangrike rol vir die Kings in die Superreeks gespeel en ons hoop hy kan dié rol nou vir ons ook vervul.

“Ek is opgewonde om Benji op die veld te sien. Hy is een van die oudste en mees ervare spelers in die groep en hy is ook ’n goeie leier.”

AJ Jacobs is die skeidsregter vir Sondag se wedstryd wat om 14:30 in die Toyota-stadion afskop.

Vrystaat-Cheetahs: Clayton Blommetjies, Rosko Specman, Francois Venter (k), William Small-Smith, Makazole Mapimpi, Niel Marais, Shaun Venter, Uzair Cassiem, Oupa Mohoje, Niell Jordaan, Reniel Hugo, Justin Basson, Tom Botha, Joseph Dweba, Charles Marais. PLAASVERVANGERS: Ox Nche, Reinach Venter, Rynier Bernardo, Henco Venter, Zee Mkhabela, Rayno Benjamin, Malcolm Jaer.

Meer oor:  Vrystaat  |  Westelike Provinsie  |  Wp  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.