Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Mapimpi uit toets in Wellington

Makazole Mapimpi is op pad terug Suid-Afrika toe.

Makazole Mapimpi druk sy drie teen die Wallabies. Foto: Getty Images

Hy sal Saterdag se Rugbykampioenskapstoets tussen die Springbokke en Nieu-Seeland in ’n koue Wellington weens ’n kniebesering misloop. Hy het die besering in die eerste helfte van die toets teen die Wallabies in Brisbane opgedoen.

“Die besering is slegter as die een wat hy in die vorige toets (teen Argentinië) opgedoen het,” het die Bok-breier Rassie Erasmus gesê.

Hy vlieg huis toe om skanderings te ondergaan, waarna bepaal sal word hoe lank hy uit is. Mapimpi is reeds Sondag deur die Bokke se spandokter, Konrad van Hagen, ondersoek.

Die Bok-afrigter gaan nie ’n plaasvervanger ontbied nie.

“Ons kan Cheslin Kolbe en Willie le Roux daar oorweeg. Ons kan ook Damian Willemse op heelagter en Willie op vleuel kies. Ons het verskeie opsies.”

Die Bokke kan selfs Jesse Kriel vra om deel van die agterste driehoek te word, ofskoon dit na ’n onwaarskynlike opsie lyk aangesien hy en Damian de Allende baie ervaring aan die Bok-middelveld bied.

“Ek dink nie dis die moeite werd om iemand hierheen te laat vlieg nie, want hy sal eers Woensdag hier aankom. Ons sal eerder iemand in die groep gebruik aan wie dit bekend is wat ons probeer doen.”

Op ’n vraag of Erasmus nie bekommerd is oor die beskeie ervaring van ’n moontlike agterste driehoek teen die beste span ter wêreld nie, het die Bok-afrigter gesê hy beskou dit eerder as ’n geleentheid.

“Die plan is altyd om iemand deur druksituasies soos dié te kry. Die onervare senterpaar van André Esterhuizen en Lukhanyo Am wat in Argentinië gespeel het, het byvoorbeeld nou daardie ervaring opgedoen.

“As jy ooit wil weet of ’n speler dit gemaak het, sal jy ná Saterdag se toets weet. Jy wil ’n speler in Nieu-Seeland teen Nieu-Seeland toets.”

Le Roux het al in 47 toetse gespeel, maar Aphiwe Dyantyi sal Saterdag die eerste keer voor die All Blacks se haka staan. Hy het in ses van die Bokke se sewe toetse vanjaar gespeel.

Kolbe het verlede naweek sy toetsbuiging gemaak, terwyl Willemse twee toetse agter sy naam het.

Dit beteken dat die Bokke die All Blacks met ’n agterste driehoek kan pak wat saam in minder as 55 toetse gespeel het.

Die Bokke se agterste driehoek van Andries Coetzee, Raymond Rhule en Courtnall Skosan was verlede jaar ’n vuurwarm besprekingspunt ná die slagting van 57-0 teen die All Blacks in Albany. Hulle was egter meer onervare as Le Roux-hulle en het voor die Albany-toets net in sowat 20 saam gespeel.

Rugbykampioenskap: Bepalings

Rugbykampioenskap: Puntelys

Rugbykampioenskap: Uitslae

Meer oor:  Bokke  |  Makazole Mapimpi  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Wallabies  |  Rugbykampionskap  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.