Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Mapoe maak debuut vir Bulle teen sy ou span
Die senter Lionel Mapoe in 2019 vir die Franse klubspan Stade Francais in aksie. Hy gaan nou sy loopbaan by die Bulle voortsit. Foto: Getty images

Die Springbok Lionel Mapoe maak Sondag sy debuut vir die Bulle teen sy ou span, die Leeus, wanneer dié spanne op Loftus Versfeld in die Curriebeker-reeks kragte meet.

Mapoe hervat sy vennootskap in die middelveld met nog ’n voormalige Leeu, Harold Vorster, wat beteken dat Cornal Hendricks regtervleuel toe skuif.

Mapoe en Vorster was lank ’n gedugte senterkombinasie vir die Leeus in Superrugby.

Jake White het ’n opwindende agterlyn gekies met die Kriel-broers, David en Richard, wat ’n eerste keer saam in die beginspan is.

Die Bok-losvoorspeler Marcell Coetzee het sy Covid-19-protokol afgehandel en voer weer die span aan.

Blou Bulle: David Kriel, Cornal Hendricks, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Richard Kriel, Johan Goosen, Zak Burger, Elrigh Louw, Muller Uys, Marcell Coetzee (k), Ruan Nortjé, Walt Steenkamp, Jacques van Rooyen, Johan Grobbelaar, Simphiwe Matanzima. PLAASVERVANGERS: Schalk Erasmus, Gerhard Steenekamp, Mornay Smith, Janko Swanepoel, Nizaam Carr, Keagan Johannes, Chris Smith, Sibongile Novuka.

Meer oor:  Leeus  |  Bulle  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.