Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Marais ‘koester g’n wrok teen Kings’
Tier Schoeman, hier nog in oefenklere van die Southern Kings, speel Vrydag vir die Cheetahs teen sy ou span in die Baai. Hy was Saterdag in Harare die Speler van die Wedstryd teen die Bulle. Foto: DEON FERREIRRA

Bloemfontein. – Dit voel vir hom vreemd om terug te wees in Port Elizabeth nadat die South­ern Kings hom van die Leeus daarheen gelok het, maar toe nie ’n kontrak vir die Superrugby-reeks aangebied het nie.

Dít is hoe die Cheetahs-loskopstut, Charles Marais, voel oor sy span se opwarmwedstryd teen die Kings môre in die Nelson Mandelabaai-stadion – maar hy koester geen kwade gevoelens teenoor hulle nie.

“Dis ’n snaakse, maar lekker gevoel om saam met ’n ander span hier (in die Baai) te wees. ’n Span waarin jy jouself kan uitleef en net op rugby kan konsentreer.”

Marais het gesê by die Cheetahs is daar nie eksterne faktore soos salarisse wat nie betaal word, wat jou aandag van die spel aflei nie.

“Al wat ek wil doen, is rugby speel. Ek het geen ander afleidings nodig nie. Ek is ook nie kwaad vir die Kings nie, want ’n mens se paadjie loop maar soos hy moet.

“My tyd by die Kings was ’n goeie leerskool, maar die ervaring wat ek gehad het, sal ek nie graag ’n tweede keer wil deurmaak nie.”

Marais meen omdat die Kings in ’n bouproses is, gaan hulle kom met alles wat hulle het en sal hulle die wedstryd wil wen om selfvertroue vir die Superrugby-reeks op te bou.

Hy weet dit gaan nie ’n maklike wedstryd wees nie, maar voel goed om teen hulle te kan uitdraf.

Die Cheetahs-afrigter, Franco Smith, meen dit gaan ’n taai wedstryd wees, maar hy glo sy span is goed voorbereid. “Om opwarmingswedstryde te wen beteken nie veel aan die begin van enige seisoen nie, maar dit wys dat ’n proses gevolg is om by ’n gewenste uitslag te kom.

“Om die eerste klomp wedstryde in die Super-reeks goed te speel en te wen is nie alles nie, maar om teen middel Mei en Junie nog steeds mededingend te wees, is belangrik.”

  • Nog oud-Kings wat deel is van die Cheetahs sluit in Sergeal Petersen (heelagter), Maks van Dyk (stut), Shaun Venter (skrumskakel) en Paul (Tier) Schoeman. Oud-Cheetahs wat by die Kings speel, is Elgar Watts (losskakel), Steven Sykes (slot), Martin Bezuidenhout (haker) en die senter JP du Plessis. 

Meer oor:  Cheetahs  |  Kings  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.