Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Marchant op pad Blues toe in 2020

Joe Marchant, belowende jong senter van Engeland en London Harlequins, sal in 2020 vir die Blues Superrugby speel.

Joe Marchant, senter van Engeland en London Harlequins, sal in 2020 vir die Blues in die Superreeks beskikbaar wees. Foto: Getty Images

Dié Engelse klub het ingestem om Marchant ’n sabbatsjaar te gun toe hy ’n nuwe kontrak van drie jaar gesluit het.

Die 23-jarige Marchant, wat al in drie van Engeland se Wêreldbeker-opwarmwedstryde gespeel het, sal in Januarie in Auckland by die Blues aansluit.

Hy sal die Blues se diepte op senter aanvul nadat Caleb Clarke vrygestel is om by die Nieu-Seelandse sewesgroep in te val.

“Ek kan nie meer dankbaar teenoor Harlequins wees dat hulle my die geleentheid bied om my spel te groei nie,” sê Marchant in ’n verklaring.

“Die klub ondersteun my in elke tree van my loopbaan en dit is wonderlik dat Harlequins bereid is om my so as ’n individu te laat groei.

“Ek is werklik opgewonde dat ek die kans kry om Superrugby te speel en is seker dat dit my ’n beter speler sal maak.”

Die Blues, ’n driemalige Superrugby-kampioen, het vanjaar laaste in die Nieu-Seelandse Super-konferensie geëindig, maar daar is groot verwagtinge vir die 2020-seisoen nadat die All Black-talisman Beauden Barrett ’n langtermynkontrak met dié span gesluit het. – Reuters

Meer oor:  Blues  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.