Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Marco maak vrede met sy Bok-lot

Teleurgesteld ja, maar alles gebeur met ’n doel.

Marco van Staden, flank van die Blou Bulle, het Maandag dié eenvoudige uitkyk gehad nadat hy die vorige dag verneem het hy sal waarskynlik na die Springbokke se Wêreldbeker-wedstryde in Japan op die televisie kyk.

Hy het Saterdagaand in sy derde toets vir Suid-Afrika gespeel toe hy op Loftus Versfeld as ’n plaasvervanger opgestuur is teen Argentinië.

Marco van Staden sal Saterdag op Loftus Versfeld aan die voorpunt wees wanneer die Blou Bulle teen die Haaie sal probeer om die halfeindronde van die Curriebeker-kompetisie te haal. Foto: Gallo Images

Van Staden is egter Sondag uit die Bok-kamp vrygestel vir Curriebeker-diens.

“Ek is teleurgesteld, maar ek glo alles in die lewe gebeur met ’n doel.

“Die Here het ’n plan vir my. As dit nie hierdie jaar gebeur nie, dan kan dit dalk iewers in die toekoms gebeur.

“Ek is regtig fine daarmee.”

Pote Human, afrigter van die Ligbloues, sal beslis nie kla dat hy die klipharde baljagter kan kies vir Saterdagaand se wedstryd teen die Haaie op Loftus nie.

Van Staden sê die Bulle wil hulle teleurstellende Curriebeker-veldtog op ’n hoogtepunt afsluit.

Die Bulle het ’n geringe kans om ná die naweek se laaste ronde onder die voorste vier spanne te eindig, maar vir dit om te gebeur moet die Haaie en die Westelike Provinsie groot nederlae ly.

Ons gaan beslis alles gee, al beteken dit ook net dat ons die seisoen goed afsluit.

Human se span kan selfs met die houtlepel opeindig as hulle met meer as sewe punte teen die Haaie verloor en nie ’n bonuspunt kry nie.

“Ons weet dit hang van ander spanne af, maar ons moet ook seker maak ons kry ’n bonuspunt.

“Ons gaan beslis alles gee, al beteken dit ook net dat ons die seisoen goed afsluit,” sê Van Staden.

Human het verdere goeie nuus gehad oor die Bok-stut Lizo Gqoboka wat ook vrygestel is en oorweeg kan word.

Die Bulle het juis nie ’n erkende loskopstut in die groep nie nadat Matthys Basson en Simphiwe Matanzima langtermynbeserings opgedoen het.

Die flank Ruan Steenkamp, wat soos Van Staden weens harsingskudding nie in die Bulle se vorige wedstryd teen die Goue Leeus op sy pos was nie, behoort ook later die week die groen lig te kry om teen die Haaie te speel.

Van Staden sê as die Bulle op die aanval tot hulle reg wil kom, sal hul vinnige besit by die afbreekpunte moet verseker.

“Dit is met elke wedstryd ’n fokuspunt vir ons, des te meer Saterdag.”

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Haaie  |  Bulle  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.