Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Folau nie oor steun vir haar man gestraf
Maria Folau Sondag vir die Adelaide Thunderbirds in aksie in die Australiese Superliga-netbalreeks.Foto: Getty Images

Australië se netbalbase gaan nie teen Maria Folau optree omdat sy haar omstrede man, Israel, op sosiale media ondersteun het nie.

Die 32-jarige Maria, ’n Nieu-Seelandse toetsnetbalspeler wat tans in Australië se Superliga speel, het Vrydag ’n inskrywing van haar man geplaas, waarin mense gevra word om sy regsgeding teen Rugby Australië finansieel te ondersteun.

Israel sleep sy voormalige werkgewer hof toe nadat sy groot kontrak beëindig is vanweë sy vroeëre inskrywing op sosiale media waarin hy onder meer gesê het dat die hel op homoseksuele en dronkaards wag.

“Ons is daarvan bewus dat die Adelaide Thunderbirds se speler Maria Folau besonderhede van haar man se GoFundMe-bladsy op sosiale media geplaas het. Geen optrede teen haar word vereis nie,” sê Netbal Australië in ’n verklaring.

“Ons sal aanhou om haar as ’n gewaardeerde lid van die Thunderbirds en Superliga te ondersteun,” lui die verklaring voorts, berig bbc.com.

Bronwyn Klei, uitvoerende hoof van Netbal Suid-Australië, sê in ’n afsonderlike verklaring hoewel haar liggaam wil hê dat enige speler, ongeag geslag, geloofsoortuigings, ouderdom, ras of seksuele voorkeure aan netbal moet kan deelneem, glo hulle ook in “regverdigheid en om perspektief te behou”.

“Soos miljoene ander mense dwarsoor Australië gebruik Maria Folau haar persoonlike sosiale media platform om haar lewe en oortuigings met haar vriende en familie te deel.

“Hoewel ons dit geensins goedpraat dat sy haar man se inskrywing geplaas het nie, glo ons ook nie sy het ons reëls rakende die gebruik van sosiale media oortree nie.”

Folau se span het Sondag met 51-51 gelykop gespeel teen die New South Wales Swifts nadat sy in die doodsnikke twee keer met doelpogings misluk het. – bbc.com

Meer oor:  Maria Folau  |  Rugby Australië  |  Sosiale Media  |  Israel Folau
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.