Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Marius dra fluitjie in CB-eindstryd
Marius van der Westhuizen dra die fluitjie in die naweek se Curriebeker-eindstryd.

Die Suid-Afrikaanse skeidsregter Marius van der Westhuizen sal die naweek die eerste keer die fluitjie in ’n Curriebeker-eindstryd dra.

Van der Westhuizen (35), ’n boorling van Kaapstad, sal die kragmeting tussen die Vrystaat-Cheetahs en die Goue Leeus in Bloemfontein beheer.

Hy sal bygestaan word deur AJ Jacobs en Egon Seconds, met Shaun Veldsman wat die TV-skeidsregter sal wees.

Dit sal die 52-jarige Veldsman, wat ’n loopbaan van langer as 20 jaar gehad het, se swanesang as wedstrydbeampte wees.

Die promosie-relegasie-wedstryd tussen die Pumas en Griffons Vrydag in Mbombela sal deur Cwengile Jadezweni beheer word.

Jurie Roux, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, sê in ’n verklaring die aanstellings is gegrond op die bestendigheid van die blasers deur die seisoen, “wat ’n getuigskrif vir hul vertoning met die fluitjie is”.

Ek wil die geleentheid gebruik om Shaun te bedank vir sy diens as skeidsregter en televisie-skeidsregter oor die afgelope 20 jaar en wens hom sterkte toe vir die toekoms.
Jurie Roux

“Ek wil die geleentheid gebruik om Shaun te bedank vir sy diens as skeidsregter en televisie-skeidsregter oor die afgelope 20 jaar en wens hom sterkte toe vir die toekoms.

“Gedurende sy tyd was hy in beheer van drie toetse, 2003 se Curriebeker-eindstryd en het hy die fluitjie gedra in twee o.19-Wêreldtoernooie.

“Nadat Shaun sy fluitjie opgehang het, het hy sy merk by die Wêreldbeker-toernooie in 2011 en 2015 gelaat,” sê Roux.

Aanstellings:

Promosie-relegasie-wedstryd: 6 September (Mbombela):

Skeidsregter: Cwengile Jadezweni.

Assistent-skeidsregters: Stephan Geldenhuys en Jaco Pretorius.

TV-skeidsregter: Johan Greeff.

Curriebeker-eindstryd: 7 September (Bloemfontein)

Skeidsregter: Marius van der Westhuizen.

Assistent-skeidsregters: AJ Jacobs en Egon Seconds.

TV-skeidsregter: Shaun Veldsman.

Nasionale o.20-eindstryd: 7 September (Bloemfontein)

Skeidsregter: Paul Mente.

Assistent-skeidsregters: Ben Crouse en Griffin Colby.

TV-skeidsregter: Shaun Veldsman. 

– Sportredaksie

Meer oor:  Bloemfontein  |  Curriebeker-Eindstryd  |  Rugby  |  Skeidsregters  |  Sa Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.