Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Marler ‘ontnugter’, wil stewels ophang

Die kritiek wat die Engelse stut Joe Marler ná daardie gryp op Alun Wyn Jones verduur het, is die rede hoekom hy op die punt is om rugby vaarwel te roep.

Joe Marler se gryp op Alun Wyn Jones laat die Engelsman nou diep nadink. Foto: Getty Images

Marler (29) het hom die gramskap van gebruikers op sosiale media op die hals gehaal, nadat hy Jones, Wallis se kaptein, vroeg in Maart aan sy geslagsdele gegryp het.

Dit was tydens ’n Sesnasies-kragmeting tussen die Engelse en die Rooi Drake op Twickenham. Die Engelsman is ’n skorsing van tien weke opgelê.

Marler het so erg op sosiale media deurgeloop, dat van sy rekeninge vir ’n tyd gesluit was.

Die Daily Mail berig dat Marler nou dit oorweeg om die rugbywêreld vaarwel te roep, aangesien hy nou baie “ontnugter” geraak het met die sport.

Hy het tevore, in 2018, ook sy stewels opgehang, net om daarna ’n terugkeer te maak en ook by die 2019 Wêreldbeker-toernooi in Japan vir die Rose uit te draf.

Marler is steeds by die Engelse klubspan Harlequins gekontrakteer. – Sportredaksie

Meer oor:  Twickenham  |  Engeland  |  Sesnasies  |  Alun Wyn Jones  |  Joe Marler  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.