Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Marnus wil kans aangryp in Bulle se nr. 13-trui

Hoewel die Bulle ’n vakature in die middelveld het ná die enkelbesering wat Stedman Gans in Maart opgedoen het, beskou Marnus Potgieter hom nie as ’n vanselfsprekende plaasvervanger nie.

Tog is daar in die Bulle-kamp groot opgewondheid oor wat dié bedrewe oud-Affie langs die ervare Cornal Hendricks kan oplewer in die Suid-Afrikaanse weergawe van die Reënboogbeker-kompetisie.

Marnus Potgieter, jong senter van die Bulle, op pad na die doellyn teen die Oostelike Provinsie. Foto: Gallo Images

“Dit is altyd moeilik om vooraf iets te sê, want jy weet nooit wat die afrigters beplan nie.

“Dit is sleg dat hy (Gans) beseer is, maar ek werk hard sodat ek die kans kan benut as dit my beskore is.

“Wanneer die kans jou kant toe kom, moet jy gereed wees.”

Potgieter sê dit is ongelooflik om in ’n Bulle-span saam met iemand soos Morné Steyn te speel.

Hy was immers net ses jaar oud toe Steyn in 2005 sy deurbraak-seisoen vir die Bulle gehad het.

“Ek het na hom opgekyk toe ek ’n klein seuntjie was. Dit is ’n groot voorreg om nou saam met hom in dieselfde span te speel.”

Van my beste vriende is verlede jaar van die kans ontneem (om vir die Bokkies te speel) en ek hoop hulle kry vorentoe ’n kans om op daardie vlak te speel.

Nie dat groot name op die rugbyveld hom afskrik nie.

Potgieter het in Maart in Durban met die Springbok Lukhanyo Am as direkte teenstander sy talent onderstreep toe die Bulle teen die Haaie te staan gekom het in die voorbereidingsreeks.

Hoewel hy die nr. 13-trui verkies, sê Potgieter, hy besef daar word deesdae ’n al groter premie op veelsydigheid geplaas.

“Die afrigters kyk daarna en jy moet meer bied as om net in een posisie te kan speel.

“Ek het al op vleuel baie geleer van buitesenter en andersom ook.

“Ek hou meer van buitesenter omdat jy ’n bietjie nader aan die aksie is, maar dit was sover ook waardevol om vleuel te speel.”

Hy was in 2019 ’n lid van die Junior Bokspan wat in Argentinië aan die o.20-Wêreldtoernooi deelgeneem het.

’n Jaar later en hy sou – weens die Covid-19-pandemie – nie dié ervaring gehad het nie.

“Ek kry nou nog hoendervel as ek daaraan dink.

Daar is hier en daar ’n verstelling, maar ons gaan hou by daardie resep.

“Dit was ’n ongelooflike ervaring. Vandat ons begin voorberei het tot die span gekies is. Dit was die eerste keer wat ek oorsee gaan speel het.

“Van my beste vriende is verlede jaar van die kans ontneem (om vir die Bokkies te speel) en ek hoop hulle kry vorentoe ’n kans om op daardie vlak te speel.

“Dit was ’n goeie grondslag vir my om die stap op senior rugby toe te maak,” sê hy.

Potgieter beklemtoon die Bulle is nie van voorneme om vanjaar af te wyk van die rugby wat verlede seisoen soveel aanskoulike drieë opgelewer het nie.

“Ek dink dit is een van die groot redes hoekom ons so goed gevaar het. Ons teenstanders het dit nie heeltemal verwag nie.

“Daar is hier en daar ’n verstelling, maar ons gaan hou by daardie resep.”

Die Bulle sal na verwagting volgende naweek teen die Leeus speel in die plaaslike Reënboogbeker-kompetisie.

Meer oor:  Marnus Potgieter  |  Bulle  |  Reënboogbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.