Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Marx in 'n stryd teen tyd vir Italië-toets

Die Springbok-haker Malcolm Marx sal tot Donderdag gegun word om van sy skouerbesering te herstel vir Saterdag se rugbytoets teen Italië in Padova.

Marx is Maandag vir ’n MRI-skandering gestuur nadat hy ’n hou gekry het in die afgelope naweek se toets teen Frankryk in Parys.

Die Springbokke is op hete kole oor die beskikbaarheid van Malcolm Marx (skouer) en Eben Etzebeth (been) vir Saterdag se rugbytoets teen Italië. Dit begin om 15:00. Foto: Reuters

Die skandering het kneusing eerder as ’n breuk uitgewys en die vraag is eenvoudig of hy later in die week nie meer pyn sal verduur nie. Indien hy nie kan speel nie, behoort Bongi Mbonambi die haker in die beginspan te wees met Chiliboy Ralepelle op die plaasvervangersbank.

Marx was Maandagmiddag een van vele Bokke met skete langs die oefenveld by die Valsugana-klub. Die kaptein, Eben Etzebeth, was ook onder hulle nadat hy ’n beenbesering teen die Franse opgedoen het. Volgens die Bokke se spandokter, Konrad von Hagen, het Etzebeth ’n “goeie kans” om te herstel voor Saterdag se toets.

Daar is egter ook ’n nuwe stel uitdagings met twee lede van die afrigtingspan – Johann van Graan (lynstane) en Brendan Venter (verdediging) – wat nie meer betrokke gaan wees nie.

Van Graan het in sy pos as hoofafrigter van Munster begin, terwyl Venter se betrokkenheid altyd op ’n handskud was en tot ’n einde sou gekom het voor die toets teen Italië.

Volgens Allister Coetzee, die Bok-afrigter, verloop dinge egter klopdisselboom sonder hulle. Hy gaan ook nie aanklop by die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se nuutaangestelde direkteur van rugby, Rassie Erasmus, of die verdedigings-ghoeroe, Jacques Nienaber, nie.

Erasmus en Nienaber het Maandag amptelik by Saru se hoofkwartiere aangemeld om in hul poste te begin.

Een van Erasmus se eerste take agter die skerms kan straks wees om sekerheid te kry oor spelers wat in Frankryk gesetel is se beskikbaarheid vir die pad vorentoe.

In dié tydstip sou Frans Steyn, Jan Serfontein (albei Montpellier) en Patrick Lambie (Racing92) die Bokke se agterlyn kon versterk, maar hulle is nie in die groep nie.

“Jan het pas Frankryk toe getrek waar hy ingeburger raak en is onbeskikbaar. Ek dink nie Patrick het al meer as vier wedstryde vir Racing gespeel nie,” sê Coetzee.

Hy het egter bygevoeg dat kwessies met Steyn se klub in die pad van sy insluiting staan.

“Ek het die afgelope week met Frans gesels. Ons gaan met sy klub moet praat voor hulle hom toelaat om te speel,” sê Coetzee.

“Die spelers sit ook met langtermyn-kontrakte en die gevaar is dat hulle deur vir die Bokke te speel nie daardie kontrakte sal behou nie.

“Regulasies bepaal dat spelers toegelaat moet word om vir hul land te speel. Hulle gaan die keuse moet uitoefen – of ek tree uit internasionale rugby of ek keer terug na Suid-Afrika. Ek weet nie of daar ’n alternatief is nie,” sê Coetzee.

Meer oor:  Bokke  |  Springbokke  |  Boktoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.