Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Malcolm Marx: ‘Oor twee weke is ek reg’

Die Springbokke se beseerde ster-haker, Malcolm Marx, hoop om oor twee weke weer te speel.

“Die herstelproses ná my dyspierbesering verloop daagliks beter en beter,” het Marx aan Rapport gesê.

Malcolm Marx .Foto: Gallo Images

“Wel, dis nog nie seker nie . . . maar ek dink (ek sal oor) ongeveer twee weke (weer speel). Tyd sal leer.

“Dis uiters frustrerend om langs die veld te sit. Ek wens regtig ek kon speel. Ek besef ook rugby is ’n kontaksport en beserings is deel daarvan. Ek sien werklik uit na my terugkeer.”

Die 23-jarige Marx het sy besering vroeg in Mei in ’n Superrugby-kragmeting teen die Hurricanes opgedoen en is sedertdien op die krukkelys.

Met Bismarck du Plessis wat hom die week weens ’n besering aan die Bok-groep onttrek het, en die Bulle se haker Adriaan Strauss wat hom nog nie amptelik vir toetsrugby beskikbaar gestel het nie, sal die Bokke se afrigter, Rassie Erasmus, kennis neem van Marx se goeie vordering ná sy besering.

Die Bokke kom Saterdag in Bloemfontein in die tweede toets teen Engeland te staan, waarna daar ook ’n derde toets in die Kaap tussen die lande plaasvind.

Afhangend van hoe sy hakers én span in Johannesburg en Bloemfontein vertoon, kan Erasmus Marx dalk nog vir die derde toets in die Kaap oorweeg.

Marx is nie al Bok wat brand om ná sy besering weer te speel nie.

Eben Etzebeth se skouerbesering blyk iets van die verlede te wees. Hy het in ’n onderhoud in die 31ste uitgawe van Springbok Magazine gesê hy het eintlik al gehoop om speelkans in die Engelse reeks te kry.

“Dit is frustrerend (om beseer te wees),” het hy aan die elektroniese tydskrif van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) gesê.

“Jy oefen op jou eie in die gimnasium terwyl die res oorsee toer en op die veld oefen.

“Gelukkig is daar darem ook so een of twee ander beseerdes wat die veldsessies saam met jou doen, maar jy wil deel van daardie 23-tal wees.

“As jy beseer is, oefen jy meer as die ander ouens. Al is jy beseer, bly rugby ook steeds die groot ding. Ek wil graag beter terugkeer as voordat ek beseer is.”

Hy sien daarna uit om onder Erasmus as Bok-afrigter te werk nadat hy in 2011 en 2012 vir rukke met hom te doen gekry het.

“Ek sien uit na die uitdaging om saam met hom te werk, dit gaan lekker wees. Hy en Allister (Coetzee) is albei afrigters van wêreldgehalte. Ek is opgewonde oor wat Rassie kan bied. Opwindende tye wag.”

Meer oor:  Springbokke  |  Malcolm Marx  |  Twee Weke  |  Beseer  |  Haker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.