Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Marx sê glo ‘sayonara’ aan SA
Malcolm Marx. Foto: Getty Images

Die Springbok-haker Malcolm Marx gaan glo ná vanjaar se Wêreldbeker-toernooi sy rugbyloopbaan in Japan voortsit.

Netwerk24 het betroubaar verneem dat Marx minstens aanstaande jaar in Japan gaan speel – glo vir die Docomo Red Hurricanes. Daar is ’n moontlikheid dat sy kontrak oor twee seisoene kan strek.

Marx (24), wat alom as die beste haker ter wêreld gereken word, gaan egter nie onbepaald vir Suid-Afrikaanse rugby verlore wees nie.

Daar is sprake dat hy in 2020 ’n blaaskans gaan neem van die stampe en stote wat hy in Leeus- en Springbok-kleure kry, maar dat hy in 2021 vir die Britse en Ierse Leeus se toer Suid-Afrika toe beskikbaar sal wees.

Rudolf Straeuli, uitvoerende hoof van die Goue Leeus Rugbyunie, wou by navraag nie amptelik kommentaar lewer nie.

’n Aanduiding dat daar in die Goudstad nuwe planne op haker beraam word, is dat ’n werwingsbeampte van die GLRU vandeesweek na die Stormers-haker Scarra Ntubeni voelers uitgesteek het. Ntubeni wil egter in die Westelike Provinsie bly.

Provinsies kontrakteer vanaf 2020 uitsluitlik spelers, met Saru wat bybetalings maak aan diegene wat hulle as “van nasionale belang” reken.

Die voortgesette uittog van topspelers uit Suid-Afrika is geen verrassing nie. Dit gebeur ná elke Wêreldbeker-siklus en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het ook nou weggedoen met Bok-kontrakte. Provinsies kontrakteer vanaf 2020 uitsluitlik spelers, met Saru wat bybetalings maak aan diegene wat hulle as “van nasionale belang” reken.

Met die dat Saru se pot goud nou onder meer spelers verdeel word, is die natuurlike gevolg dat die room van Suid-Afrika se rugbytalent plaaslik minder as voorheen sal verdien.

Eben Etzebeth

Ander top-Bokke wat ná die WB-toernooi oorsee gaan speel is Eben Etzebeth, Handré Pollard, Jesse Kriel, Damian de Allende en Lood de Jager.

Saru het besluit om nie meer finansieel met klubs mee te ding nie en gaan vorentoe Wêreldrugby se regulasie afdwing wat klubs verplig om spelers vir toetsrugby vry te stel.

Die Nieu-Seelandse Rugbyunie moes vandeesweek ook vrede maak met die verlies van die slot Brodie Retallick, maar het terselfdertyd met hom ’n kontrak gesluit om in Mei 2021 terug te keer met die oog op 2023 se WB-toernooi in Frankryk.

Meer oor:  Eben Etzebeth  |  Handre Pollard  |  Malcolm Marx  |  Japan  |  Rugby  |  Kontrak  |  Haker  |  Oorsee  |  Superrugby  |  Springbok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.