Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Marx sluit kontrak met Ludeke se span
Malcolm Marx maak reg om die bal by ’n lynstaan in te gooi in ’n wedstryd vroeër vanjaar waar hy vir die Shining Arcs gespeel het. Foto: Getty Images

Die Springbok-haker Malcolm Marx het ’n kontrak met die Kubota Spears-rugbyklub in Japan gesluit.

Marx (26) was vroeër vanjaar nog bestem om terug te keer na die Leeus, nadat hy vir ’n kort rukkie vir die Shining Arcs in Japan gespeel het. Hy het egter ’n opsie uitgeoefen om sy kontrak met die Goue Leeus Rugbyunie op te sê nadat plaaslike rugbyspelers se salarisse ingevolge Suid-Afrikaanse rugby se spaarplan, om staande te bly teen die finansiële impak van die Covid-19-pandemie, gesny is. Die spelers is ’n venstertydperk van 21 dae gegun om ’n kontrak met ’n oorsese span te beding.

Marx het vroeër vanjaar vyf drieë in ses wedstryde vir die Arcs aangeteken voordat die seisoen opgeskort is.

Hy het al 33 keer vir die Bokke gespeel, maar het verlede jaar sy posisie in die beginspan aan Bongi Mbonambi afgestaan. Desondanks word hy steeds onder die voorste hakers ter wêreld gereken.

Marx, wat gretig is om volgende jaar vir die Bokke teen die Britse en Ierse Leeus te speel, sal by die Spears deur die voormalige Bulle-afrigter Frans Ludeke gebrei word. – Reuters

Meer oor:  Kubota Spears  |  Japan  |  Malcolm Marx  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.