Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Matera lei Poemas teen Baabaas

Mario Ledesma, Argentinië se breier, het grootskaalse veranderinge aan sy span aangebring wat die Barbarians Saterdag op Twickenham aandurf.

Ledesma het 11 skuiwe aan sy span gemaak wat verlede week teen Skotland op Murrayfield verloor het.

Pablo Matera vroeër vanjaar teen die All Blacks in aksie. Hy voer die Argentyne Saterdag op Twickenham teen die Barbarians aan. Foto: Getty Images

Die flank Pablo Matera sal die Poemas teen dié uitnodigingspan, met 13 Bokke in sy geledere, aanvoer.

Saterdag sal die derde keer wees dat die Poemas en die Baabaas teen mekaar te staan kom. Die Barbarians het Argentinië in 1990 in Cardiff met 34 – 22 geklop, maar die Poemas het die bordjies in 2015 met ’n sege van 49 –31 verhang.

Lood de Jager, wat daardie dag vir die Barbarians op slot gesak het, sal Saterdag weer vir die feesspan uitdraf.

* Spanne: Jack Debreczeni (Chiefs), Tommaso Benvenuti (Benetton en Italië), Tom English (Rebels en Australië), Damian de Allende (Stormers en SA), Aphiwe Dyantyi (Leeus en SA), Handré Pollard (Bulle en SA), Leon Fukofuka (Auckland en Tonga), Juan Manuel Leguizamon (Jaguares en Argentinië), Pieter-Steph du Toit (Stormers en SA), Siya Kolisi (Stormers en SA), Lood de Jager (Bulle en SA), Luke Jones (Bordeaux Begles en Australië), Trevor Nyakane (Bulle en SA), Schalk Brits (SA) en Wyatt Crockett (Crusaders en Nieu-Seeland, k). PLAASVERVANGERS: Steven Kitshoff (Stormers en SA), Malcolm Marx (Leeus en SA), Anton Peikrishvili (Cardiff Blues en Georgië), Sikhumbuzo Notshe (Stormers en SA), Jordan Taufua (Crusaders), Frank Lomani (Rebels en Fidji), Jesse Kriel (Bulle en SA) en Elton Jantjies (Leeus en SA).

* Argentinië: Juan Cruz Mallia, Sebastian Cancelliere, Matias Orlando, Bautista Ezcurra, Ramiro Moyano, Joaquin Diaz Bonilla, Martin Landajo, Rodrigo Bruni, Tomas Lezana, Pablo Matera (k), Matias Alemanno, Guido Petti, Santiago Medrano, Julian Montoya, Juan Pablo Zeiss. PLAASVERVANGERS: Agustin Creevy, Mayco Vivas, Lucio Sordoni, Tomas Lavanini, Santiago Grondova, Tomas Cubelli, Jeronimo de la Fuente en Santiago Carreras.

* TV: Van 16:20 op SS 2.

Meer oor:  Argentinie  |  Barbarians  |  Poemas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.