Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Matfield staan sterk om Bulle te brei

Victor Matfield het die afgelope week as ’n sterk aanspraakmaker na vore getree om die Bulle se nuwe afrigter te word.

Die voormalige Springbok-kaptein se naam verskyn op die kortlys van kandidate wat die Bulle nou gefinaliseer het.

Victor Matfield / Foto: Gallo Images

Die Bulle se president, Willem Strauss, en die uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy, Barend van Graan, het Vrydag hul vennoot, Remgro, se kantore in Stellenbosch besoek om die kortlys te bespreek.

Behalwe dat Matfield een van die beste rugbybreine in die land het, tel dit baie in sy guns dat hy nêrens gekontrakteer is nie. Hy is volgens Rapport se inligting die enigste persoon op die kortlys met wie dadelik ’n onderhoud gevoer gaan word.

Nog ’n punt wat die gewese Bok-slot se aanspraak versterk om John Mitchell op te volg, is dat hy bereid is om in volgende jaar se Superrugby-reeks saam met Rassie Erasmus te werk.

Die Bulle is effe in die knyp ná Mitchell se vertrek. Spanne begin reeds ’n week of twee ná afloop van die Curriebeker-reeks met hul voorbereiding vir volgende jaar se Superreeks. Dít sal druk op die Bulle se besluitnemers plaas.

Die kandidate op die kortlys wat elders gekontrakteer is, bemoeilik ook sake vir die Bulle.

Voordat hulle met enigeen mag praat, moet hulle eers die nodige goedkeuring van hul werknemers kry. Doen die Bulle dit nie, oortree hulle Wêreldrugby se regulasies.

Oor wat Matfield se presiese rol gaan wees, is daar onsekerheid. Hy kan die direkteur van rugby, hoofafrigter of selfs ’n hulpafrigter word.

Jimmy Stonehouse het wel die afgelope tyd gesê dat hy hom as kandidaat onttrek het.

Dis wel duidelik dat die Bulle beslis planne het om hom deel van hul afrigtingspan te maak.

Matfield het die Leeus se voorspelers nog in verlede jaar se Curriebeker-reeks help afrig.

Die Kings se hoofafrigter, Deon Davids, se naam word steeds as ’n sterk aanspraakmaker genoem en is een wat op die kortlys verskyn. Sy kontrak duur wel tot einde volgende seisoen in die Baai, wat onderhandelinge met hom bemoeilik en onvoorspelbaar maak.

Die Bulle toon ook belangstelling in Johan Ackermann en Johann van Graan. Hul kontrakte met onderskeidelik Gloucester en Munster maak dit hoogs onwaarskynlik dat hulle as Mitchell se plaasvervangers aangestel sal word.

Afhangend van hoe die onderhoude verloop, en van wie van die moontlikes almal eindelik beskikbaar is, verneem Rapport dat die Bulle selfs later Jimmy Stonehouse se werkgewer, die Pumas, kan nader om goedkeuring vir ’n onderhoud met hom te kry.

Stonehouse het wel die afgelope tyd gesê dat hy hom as kandidaat onttrek het.

Meer oor:  Victor Matfield  |  Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.