Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Matfield terug by Bulle op Loftus

Victor Matfield is terug in Blou Bul-geledere.

Victor Matfield is terug by Loftus Versfeld. Foto: Gallo Images

Dié gunstelingseun van Loftus Versfeld sal Donderdag amptelik aangewys word as die nuwe hoofafrigter van die Loftus 200-klubspan.

Die voorste klubspelers in Pretoria sal uitgenooi word om vir dié span te speel.

Dit is Willem Strauss, wat in Maart die Blou Bulle Rugbyunie (BBRU) se nuwe president geword het nadat Gert Wessels uit die amp bedank het, se idee om die Loftus 200-span van weleer te laat herleef.

Loftus 200 het in die amateurdae as ’n Barbarians-span van Noord-Transvaal in uitnodigingswedstryde meegeding.

Die plan is dat die span later dié seisoen met ’n paar Curriebeker-spanne kragte meet.

Matfield sal die span onder hande neem en nog ’n voormalige Loftus-held, die gewese Bok-vleuel Akona Ndungane, sal die spanbestuurder wees.

Klubrugby lê Strauss na aan die hart en hy het kort ná sy aanstelling gesê daar is ’n gaping tussen die unie en oudspelers wat hy wil oorbrug.

Dit kom nadat Strauss verlede maand begin het met ’n inisiatief om van die Bulle vir oefensessies by plaaslike klubs in te span.

Matfield het verlede seisoen die Leeus in die Curriebeker-reeks as voorspeler-breier help afrig, maar dit was nie ’n heeltydse aanstelling nie.

Sy betrokkenheid by die Loftus 200-span word gesien as ’n geleentheid om hom by die Bulle se afrigtingstruktuur te betrek.

Daar is in 2015, toe Matfield as ’n speler en hulpafrigter gekontrakteer is, druk bespiegel dat hy by Frans Ludeke as die Bulle se hoofafrigter sou oorneem.

Die Bulle het toe egter op Nollis Marais as afrigter besluit. Hy is intussen weer deur John Mitchell vervang.

Die bekendstelling van die Loftus 200-span vind Donderdag plaas.

Meer oor:  Loftus Versfeld  |  Victor Matfield  |  Afrigter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.