Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Matie kom nie om Cheetahs te verander nie

André Smith, die Cheetahs se nuwe kondisioneringsafrigter, sal weens die Covid-19-pandemie nie sommer onmiddellik by die span in Bloemfontein kan inval nie, maar hy weet presies wat hy wil doen wanneer hy wel daar aanmeld.

André Smith, wat eersdaags die leisels as die Cheetahs se nuwe kondisioneringsafrigter gaan neem.

Smith vervang aan die einde van die maand vir Quintin Kruger, wat ’n geleentheid oorsee aangebied is.

“Ek gaan nie kom en wild en wakker veranderinge maak nie. Ek wil seker maak ons verander nie dinge wat voorheen gewerk het nie,” het Smith uit Stellenbosch laat weet.

Volgens Smith, wat ’n driejaarkontrak met die Cheetahs gesluit het, is dit nog onduidelik wanneer hy vir diens by sy nuwe werkgewer sal kan aanmeld.

“In dié stadium sal die inperking bepaal wanneer ek in Bloemfontein sal kan uitkom. Dis nogal moeilik om ’n blyplek te kry as jy nie kan sien hoe die plek lyk nie. Ek is seker die Cheetahs sal help met die trekproses en dat dinge sal mooi uitwerk.”

Ek dink dis belangrik om nie net dinge te wil verander nie, maar eers die bestaande stelsels te ervaar.
André Smith

Oor sy planne vir die Cheetahs, sê Smith dat dit aanvanklik vir hom ’n leerproses sal wees, aangesien hy by ’n studentespan was en hom nou by ’n beroepspan aansluit.

“Ek dink dis belangrik om nie net dinge te wil verander nie, maar eers die bestaande stelsels te ervaar. Ek behoort oor ’n paar maande te weet of ek iets wil verander al dan nie. Maties is ’n studente-omgewing, so ek sal dit nie kan vergelyk met dinge by die Cheetahs nie,” sê hy.

Smith het ook lof vir die man wie se skoene hy voortaan sal moet volstaan.

“Quintin het ongelooflik goeie werk gedoen by die Cheetahs en ek sal na my beste vermoë probeer om daarop voort te bou. Daar sal uiteraard altyd druk in so ’n posisie wees, daarom kan ek net daarop fokus om my werk so goed as moontlik te doen.”

Hy sê net soos Kruger, kan die Cheetah-spelers en afrigtingspan uitsien na die nuwe energie wat hy gaan bring in ’n poging om hulle een van die fiksste spanne in die land en die Pro14-reeks te hou.

Meer oor:  Kondisioneringsafrigter  |  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.