Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Maties benut kanse, bo teen Tuks
Ben-Jason Dixon, slot van die Maties, bars oor die doellyn vir ’n drie vir sy span in Maandagaand se Varsitybeker-rugbywedstryd teen Tuks in Stellenbosch. Foto: Jaco Marais

Albei spanne het hul kanse gehad, maar die Maties is die een wat dit benut het.

Dáárom het die Maroen-masjien se wiele Maandagaand in die Danie Craven-stadion in Stellenbosch aanhou rol met ’n oorwinning van 13-7 oor die tradisionele aartsvyand uit Pretoria, Tuks.

’n Mens kan egter nie anders as om jammer te voel vir Tuks nie. Hulle het die tuisspan dikwels onder druk geplaas, maar die goeie werk het telkemale deur ongedwonge foute gesneuwel. Die tuisspan moes by tye desperaat walgooi en dit moes vir Tuks se afrigtingspan ’n frustrerende wedstryd gewees het om te kyk. Hulle het eintlik meer verdien en kon maklik op die aand gewen het.

Die Maties het aanvanklik skerper gelyk, maar Tuks het in die laaste 10 minute van die eerste helfte gewys dat hulle nie ’n sentimeter gaan terugstaan nie.

Ben-Jason Dixon het die telbord in die 16de minuut aan die rol gekry vir die Maties nadat hulle Tuks vir lank onder druk gehad het. Die bordjies is egter drie minute later verhang toe Stefan Coetzee ’n stukkie sierlike spel vir die besoekers afgerond het.

Met rustyd was slegs die strafskop deur die Matie-losskakel, Reinhardt Fortuin, die verskil tussen die spanne.

Fortuin het kort ná die omdraaislag nóg ’n strafdoel by die Maties se telling gevoeg en die res van die helfte was maar naelskou vir Stellenbosch se studente.

Die Maties het egter baie goed verdedig en hulle skrum ook goed aangewend om die druk te verlig.

* Puntemakers:

Maties 13 (10): Drie: Ben-Jason Dixon. Doelskop: Reinhardt Fortuin. Strafdoele: Fortuin (2).

Tuks 7 (7): Drie: Stefan Coetzee. Doelskop: Theo Boshoff.

Meer oor:  Pretoria  |  Stellenbosch  |  Rugby  |  Tuks  |  Varsitybeker  |  Maties
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.