Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Maties maak maalvleis van Shimlas
Shimlas se losskakel, Lubabalo Dobela, word deur twee Matie-verdedigers vasgevat in Maandagaand se Varsitybeker-halfeindstryd in Stellenbosch.Foto: Gallo Images

Die Maties sal die oorweldigende gunsteling vir die Varsitybeker-eindstryd wees nadat hulle die Shimlas Maandagaand in Stellenbosch se Danie Craven-stadion genadeloos met 47-5 in die halfeindronde gebêre het.

Dit was in die eerste 10 minute ’n effense armdrukkery, maar nadat Anton du Toit die tuisspan se eerste drie afgerond het, was dit soos ’n kat wat met sy prooi gespeel het.

Du Toit het die perfekte lyn gehardloop om Chris Smit se aangee uit die lug te pluk en af te rond. Daarna het Maties net sterker geraak met Dan Jooste en Ben-Jason Dixon wat hul drieë in die eerste helfte gedruk het.

Shimlas was deels ook verantwoordelik vir hul eie ondergang. Om vlak voor jou doellyn die bal te wil rondslinger, was bloot swak besluitneming. Dit het die besoekers gekenmerk.

Ander kere het die Vrystater van ver agter die voordeellyn gespeel en is in die proses eenvoudig afgemaai.

Daar was vir Shimlas, met nog sowat ’n halfuur voor die eindfluitjie, slegs trots op die spel nadat drieë deur Chris Massyn en Du Toit die Maties se voorsprong tot 33-0 gerek het.

Shimlas is met ’n drie deur Cornelius Kramer ná ’n rolmaalbeweging beloon, maar die Maties het die sout ingevryf met verdere drieë deur Edwill van der Merwe en HJ Luus.

Puntemakers:

Maties 47 (19): Drieë: Anton du Toit (2), Dan Jooste, Ben-Jason Dixon, Chris Massyn, Edwill van der Merwe, HJ Luus. Doelskoppe: Jordan Chait (4), Reinhardt Fortuin (2). Shimlas 5 (0): Drie: Cornelius Kramer.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Stellenbosch  |  Rugby  |  Shimlas  |  Varsitybeker  |  Maties
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.