Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Maties se Smit hoop op GW-doepa

Chris Smit, wat vir die Maties in die Varsitybeker-reeks uitgeblink het, put motivering uit die sukses wat die voormalige Griekwas-agterspeler Kyle Steyn in ’n kort tydjie vermag het.

Die 23-jarige Smit, ’n senter, het skaars tyd gehad om die Maties se sukses in die Varsitybeker-reeks te vier.

Chris Smit sit af op ’n lopie vroeër vanjaar teen Tuks in Pretoria. Foto: Gallo Images

Hy moes hom in dieselfde week van die eindstryd by Griekwas in Kimberley aanmeld.

“Dit is lekker om te sien hoe ouens soos Kyle dit so ver met sy rugby geneem het. Ek moet positief bly en seker maak ek hou aan om te geniet wat ek doen, dan sal die ander dinge reg werk,” sê Smit, wat die Varsitybeker se Speler van die Reeks was.

Steyn (25), wat vroeër Smit se spanmaat by die Maties was, het in 2017 sy buiging vir Griekwas gemaak, voordat hy in 2018 die eerste keer deur Skotland se sewesspan nadergetrek is. Hy het intussen na Skotland verhuis, waar hy vir die Glasgow Warriors uitdraf. Hy het tydens vanjaar se Sesnasiesreeks soms saam met die Skotte geoefen.

Nou hoop Smit, wat aan Paul Roos Gimnasium gematrikuleer het, maar nooit die Westelike Provinsie in die Cravenweek-toernooi verteenwoordig het nie, dat sy pad na sukses ook deur Kimberley sal loop.

“My mikpunt vanjaar is om Curriebeker-rugby te speel, maar ek sal beslis in die volgende twee tot drie jaar Superrugby wil speel.

“Natuurlik wil ek vir Suid-Afrika speel, maar as dit nie gebeur nie, hoop ek om êrens ’n geleentheid te kry. ’n Mens het net een ou nodig om jou raak te sien,” sê Smit, wie se rolmodel as jongeling die voormalige Bok-senter Jean de Villiers was.

Kyle Steyn tydens ’n wedstryd tussen sy klubspan, Glasgow Warriors, en die Cardiff Blues in Wallis. Foto: Getty Images

Hy is maar te bewus dat die sprong van Varsitybeker- na provinsiale rugby groot is, maar is oopkop oor dit wat voorlê.

“Rugby raak nou soos ’n werk, maar ek wil soveel as moontlik leer en graag aanpas by die strukture van die span (Griekwas).”

Wat was die rede vir sy goeie spelpeil by die Maties?

Coach Hawies (Fourie, afrigter van die Stellenbossers) het ons toegelaat om ons uit te leef, en ek kon speel wat ek gesien het,” sê Smit.

Dié gebore en getoë Wes-Kapenaar erken sy nuwe tuiste is “amper vervelig teenoor Stellenbosch”.

Nie dat hy eensaam in Kimberley sal wees nie. Verskeie voormalige Matie-spanmaats soos die haker Wilmar Arnoldi, die senter Michal Haznar en die slot Johan Momsen is almal op Griekwas se boeke.

Maar vir eers is Smit, die speler met die groot drome, bereid om groot opofferings te maak.

Meer oor:  Varsitybeker  |  Maties  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.