Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Maties slaan UWK bloedneus in Bellville
Dewald Naudé van Maties in aksie in die Varsitybeker-wedstryd teen die UWK. Foto: Gallo Images

Die Universiteit Stellenbosch het Maandagaand in Bellville vir ’n derde keer ’n vyftigtal teen hul teenstanders in vanjaar se Varsitybeker-reeks aangeteken.

Dié keer was die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) die ontvangers van ’n groot pak slae toe hulle met 77-5 (rustyd 31-5) deur die Varsity-kampioen in Bellville bloedneus geslaan is.

Twee drieë elk deur Dan Jooste, Maties-haker, Gift Dlamini, plaasvervanger-vleuel, en David Brits, buitesenter, het die grondslag vir die Stellenbossers se sege gelê met hul pak voorspelers wat die Bushies heeltemal oordonder het in die tweestryd.

Die UWK, wat 11 drieë afgestaan het, beskik oor vaardige agterspelers, maar hul pogings om die besoekers van Stellenbosch voorlangs aan te vat was hul doodskoot. Hul vernuf op die aanval is goed gewys toe die vleuel Peter Williams in die hoek gaan druk het, maar dit was ook al hoogtepunt in hul verloorstryd.

Die Maties sal tevrede wees met hul poging, al het hulle ’n paar kere nie hul kanse benut om nog drieë te druk nie.

Tog was dit ’n goeie oefenlopie voordat hulle volgende Maandag in Stellenbosch die Universiteit van Pretoria se Tuks in ’n wedstryd pak wat die voorloper in die Varsitybeker-reeks van die res gaan skei.

Puntemakers:

UWK 5 (5): Drie: Peter Williams.

Maties 77 (31): Drieë: Dan Jooste (2), Gift Dlamini (1x5, 1x7), David Brits (1x5, 1x7), Reinhardt Fortuin, Geor Malan (sewepunt-drie), Matthew Dahl, Dewald Naudé (sewepunt-drie), Ricky Nwagbara. Doelskoppe: Fortuin (7).

Meer oor:  Kaapstad  |  Stellenbosch  |  Rugby  |  Uwk  |  Varsitybeker  |  Maties
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.