Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Maties steeds op koers na halfeind

Die Maties het Maandag hul kanse om in die halfeindronde van die Varsitybeker-reeks te speel lewend gehou deur die Madibaz op Loftus Versfeld in Pretoria met 44-14 pak te gee.

Die Maties-heelagter Juan Mostert het twee drieë teen die Madibaz gedruk. Foto: Varsity Cup/Catherine Kotzé

Die Stellenbosse studente was al teen rustyd met 30-0 voor.

Hoewel die telling ’n goeie aanduiding is van die Maties se oorheersing, het die Madibaz darem ook by tye skaflike rugby gespeel.

Die Oos-Kapenaars se probleme het egter oudergewoonte in die vaste skrums begin en dan was hul afronding en deurdringingsvermoë ook maar so-so.

Die Maties het altesame ses drieë gedruk, met die tweede een van die heelagter Juan Mostert dalk die beste een.

Mostert het die Madibaz in die wind laat gryp met ’n paar systappe voordat hy ’n langafstand-lopie afgerond het.

Corné Slabbert, die Madibaz se haker, aan die storm teen die Maties op Loftus Versfeld. Foto: Varsity Cup/Christiaan Kotzé

Gift Dlamini (flank), wat goed gespeel het, het ook ’n pragtige aanval van die Maties met ’n drie verseël.

Luyolo Dapula, slot en kaptein van die Madibaz, het ’n barshou gespeel.

Albei die Madibaz se drieë is teen die einde van die wedstryd aangeteken toe die Maties ’n speler (eers JJ Kotze en toe James Combrinck) met ’n geelkaart van die veld gehad het.

Die Maties speel Donderdag teen die Universiteit van Johannesburg en die Madibaz pak dan vir Tuks.

Puntemakers

Maties 44 (30): Drieë: Thys Kitshoff, Juan Mostert (1x5, 1x7), David Brits (2) en Gift Dlamini (1x7). Doelskoppe: Adriaan van der Bank (5).

Madibaz 14 (0): Drieë: Khakalethu Bophi (1x7) en Likhona Dywili. Doelskop: Tiaan Schutte (1).

Meer oor:  Varsitybeker  |  Maties  |  Madibaz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.