Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Maties stuit Tuks se wenlopie

Tuks het Donderdagaand hul onoorwonne rekord in die Varsitybeker-rugbyreeks op Loftus Versfeld prysgegee toe die Maties ’n indrukwekkende sege met 31-24 behaal het.

Dit was een van daardie wedstryde waar die manne voorlangs besluit het watter span gaan wen en die agterlyn uiteindelik besluit het hoe ver.

Die Maties se Munier Hartzenberg bars Donderdagaand oor vir sy drie teen Tuks in die Varsitybeker-wedstryd teen Tuks op Loftus. Foto: Christiaan Kotze/ Varsity

Daar was aan die begin min te kies tussen die twee spanne, maar Maties, met ’n gewillige agttal in hul mondering, het mettertyd beheer geneem.

Diegene wat die span van Stellenbosch, die Crusaders van dié kompetisie, afgeskryf het nadat hy vroeg teen die Ikeys vasgeval het, was gans te haastig.

Die verdedigende kampioen is met die effens onverwagse sege sterk terug in die prentjie.

Die hooftema in die eerste helfte was afbreekpunt-strafskoppe en spanne wat met die voet gebiedsvoordeel wou kry.

Die besoekers het die druk wat hulle op Tuks geplaas het, vir die eerste keer op die telbord laat weerspieël met ’n strafdrie, danksy ’n sterk skrum op die teenstander se doellyn.

Met die eerste helfte iets van die verlede, het die Stellenbossers hul voorsprong na 15-6 gerek toe die regtervleuel Munier Hartzenberg ’n hoekskop netjies bemeester het om te gaan druk.

Die oorheersing is ná die rustyd voortgesit met die skrumskakel Bobby Alexander wat gaan afrond het ná ’n aanskoulike beweging.

In ’n stadium het dit gelyk of die Tukkies ’n behoorlike loesing gaan kry, maar na drieë deur Hanru Sirgel en Johan Mulder, was die tuisspan weer binne bereik.

Daar was ’n hele paar Maties in die pak wat hulle tenks leeg gespeel het.

Die slot Simon Miller was oral op die veld en die agtsteman Ben-Jason Dixon was ’n handvol op die voordeellyn.

Tuks sal die terugslag volgende week teen die Universiteit van die Wes-Kaap moet regstel, terwyl die Maties Dinsdag teen die Pukke te staan kom.

Puntemakers:

Tukkies 24 (6). Drieë: Hanru Sirgel, Johan Mulder. Doelskop: Zander du Plessis. Strafdoele: Du Plessis (4).

Maties 31 (15). Drieë: Munier Hartzenberg, Bobby Alexander. Strafdrie. Doelskop: Christopher Schreuder. Strafdoele: Schreuder (4).

Meer oor:  Varsitybker  |  Maties  |  Tuks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.