Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Mbanda nou in ‘die loopgrawe’ in Italië

Die Italiaanse rugbyspeler Maxime Mbanda bevind hom nou in ’n totaal nuwe – en absoluut noodsaaklike – rol: dié van nooddiens-ambulansbestuurder.

Maxime Mbanda. Foto: Getty Images

Was dit nie vir die chaos wat die koronavirus wêreldwyd (en veral in Italië) veroorsaak nie, kon dié Zebre-flank verlede naweek teen Engeland in die Sesnasiesreeks se laaste wedstryd gespeel het.

Omdat dit egter weens die virus van die baan was, het Mbanda besluit om sy dienste in die loopgrawe aan te bied.

“Toe alle rugby gekanselleer is, het ek gewonder hoe ek kan help, selfs sonder mediese vaardighede,” het Mbanda, wat 20 toetse op sy kerfstok het, volgens rugbyrama.fr aan AFP gesê.

“Só het ek die Yellow Cross, wat vervoerdienste vir medisyne en kos vir bejaardes aanbied, gevind.”

Mbanda het kort daarna begin om ’n verskeidenheid take te verrig: van maskers aflewer tot pasiënte vervoer.

Hy sê hy het vir agt dae aaneen twaalfuur-skofte gedoen, en kon nie bekostig om moeg te word nie.

“Ek vervoer pasiënte (met Covid-19) van een hospitaal in die streek na ’n ander. Ek help met die draagbaar of as daar pasiënte is wat uit rolstoele gedra moet word. Ek help ook met suurstof.

“Vyf-en-negentig persent van hospitaalstrukture word toegewy aan pasiënte met die virus. As mense sien wat ek in die hospitale sien, sal daar nie meer lang rye by supermarkte wees nie.

“Hulle sal beslis twee, drie of vier keer dink voor hulle hul huise verlaat, selfs om te gaan draf.” – Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Pro14  |  Zebre  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.