Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Mchunu wys groot hart in week van drama

Khutha Mchunu het Saterdag die ondenkbare gedoen.

In moderne rugby gebeur dit bykans nooit meer dat ’n stut 80 minute lank speel nie. Nie net het Mchunu Saterdag presies dít gedoen nie, sy 80 minute het boonop gevolg nadat hy hom pas van die Cheetahs af weer by die Haaie aangesluit het. En nadat hy van ’n besering teruggekeer het wat hom ses weke langs die kantlyn gehou het.

Khutha Mchunu Saterdag teen die Bulle op Kingspark in aksie. Foto: Gallo Images

Dít werp dalk meer lig op die Haaie se gesukkel in die skrums in hul Reënboogbeker-nederlaag van 22-34 teen die Bulle.

“Khutha het die wedstryd begin nadat hy opgery het van Bloemfontein af en hy het vir 80 minute gespeel. Ons kan kritiseer, maar sjoe, dit vat guts. By die Haaie put ons trots uit die ouens se durf en ywer,” het Sean Everitt, die Haaie-breier, ná die stryd gesê.

Saterdag se stryd is deur omstredenheid voorafgegaan. Die Haaie het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) vir toestemming gevra dat die Springbok-stutte Ox Nche en Thomas du Toit mag speel, omdat daar weens beserings ’n stutkrisis by die unie is.

Thomas en Ox is Springbokke, jy sal hulle altyd mis.

Al die Bok-spelers is veronderstel om vir een ronde in die Reënboogreeks te rus en Du Toit en Nche het nog nie, en daarom het die Haaie toestemming gevra.

Rassie Erasmus, Saru se direkteur van rugby, het gesê die Haaie moet dit met die ander unies uitklaar. Die Bulle het nie toestemming gegee nie.

Die Haaie moes toe inderhaas vir Mzamo Majola en Michael Kumbirai (wat ’n nekbesering het) op die bank laat sit, met Mchunu en Khwezi Mona in die beginspan.

“Dit was moeilik, laat veranderinge soos dít sal altyd ’n ontwrigting wees. Dit is nie ’n verskoning nie, ons almal oefen saam deur die week. Maar Thomas en Ox is Springbokke, jy sal hulle altyd mis,” sê Everitt.

“Ons het ’n paar strafskoppe by die skrums afgestaan in die eerste helfte, wat ons onder druk geplaas het. Almal weet wanneer Thomas en Ox nie speel nie, sukkel ons skrums ’n bietjie.”

Ons sal altyd na die Springbokke se behoeftes omsien, ons respekteer die nasionale veldtog, maar ons het regtig ’n probleem gehad vandag.

Hy het die plaasvervangerstutte vir hul durf geloof en wou die nederlaag nie op die drama voor die stryd blameer nie.

“Ek gaan nie daarop ingaan nie, dit is vir die administrateurs, ek is net ’n rugbyafrigter,” sê hy.

“Wat ek kan sê, is dat ons ’n probleem op vaskop gehad het nadat Wiehahn Herbst verlede week met ’n rugbesering onttrek het en hy was ook in kontak met iemand met Covid-19.

“Ons het ’n versoek gerig en Rassie het dit aan die uitvoerende hoofde oorgelaat om tot ’n vergelyk te kom. Ons het laat kennis gekry dat daar beswaar is en (Ox en Thomas) moes onttrek word.

“Ons sal altyd na die Springbokke se behoeftes omsien, ons respekteer die nasionale veldtog, maar ons het regtig ’n probleem gehad vandag.

“Maar ons kan dit nie as ’n verskoning gebruik nie, ons het ons kanse gehad. Covid het ons geleer om sielkundig taai te wees.”

* Daar is vroeër verkeerdelik berig die Stormers het toestemming gegee dat die Haaie se Springbok-stutte mag speel. Die Stormers het nie toestemming gegee nie.

Meer oor:  Haaie  |  Khutha Mchunu  |  Bulle  |  Reënboogbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.