Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Meer Engelse as Bokke in droomspan

Vier Springbokke wat die Wêreldbeker help verower het, is in die gesaghebbende Britse rugbytydskrif Rugby World se “Wêreldspan van 2019”.

Cheslin Kolbe is een van vier Springbokke in World Rugby se Wêreldspan van die Jaar. Foto: Gallo Images

Die skrumskakel Faf de Klerk, vleuel Cheslin Kolbe, buitesenter Lukhanyo Am en flank Pieter-Steph du Toit, is die Suid-Afrikaners in die droomspan, berig sport24.co.za.

Hierdie viertal was almal in die beginspan van die Springbokke wat verlede maand die Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland met 32-12 in Jokohama gewen het.

Du Toit is daarna ook aangewys as die Wêreldspeler van die Jaar.

Kolbe is op sy beurt onlangs in Frankryk ook vereer as die beste speler uit die Franse Top14-liga by die Wêreldbeker.

Daar is egter nie minder nie as vyf Engelse Rose in die uitsoekspan. Dit is die stut Kyle Sinclair, die slot Maro Itoje, die flank Tom Curry, die senter Owen Farrell en die losskakel Danny Cipriani.

Cipriani is ’n verrassende insluiting aangesien hy nie Engeland se Wêreldbeker-groep gehaal het nie. Hy was wel een van die uitstaande spelers in die vorige seisoen se Engelse Premierliga.

Die All Blacks, wat in die halfeindstryd uitgeskakel is deur Engeland, het slegs twee spelers in die droomspan. Hulle is die stut Joe Moody en die losvoorspeler Ardie Savea, wat op agtsteman gekies is in dié span.

Daar is ook twee Walliesers, die slot Alun-Wyn Jones en die heelagter Liam Williams, in die denkbeeldige span.

Rugby World se Wêreldspan van die Jaar is: Liam Williams (Wallis), Cheslin Kolbe, Lukhanyo Am (SA), Owen Farrell (Engeland), Semi Radradra (Fidji), Danny Cipriani (Engeland), Faf de Klerk (SA), Ardie Savea (NS), Pieter-Steph du Toit (SA), Tom Curry (Engeland), Alun-Wyn Jones (Wallis), Maro Itoje (Engeland), Kyle Sinckler (Engeland), Shota Horie (Japan), Joe Moody (NS).



MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.