Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Malcolm Jaer dié keer reg vir Blues
Guy Mercer van die Ospreys probeer tevergeefs om Malcolm Jaer te lak in die spanne se Pro14-wedstryd Februarie in die Liberty-stadion in Swansea, Wallis.Foto: Gallo Images

Dit was vir hom ’n bitter pil om te sluk toe hy hom op die nippertjie aan die Cheetahs se tweede Pro14-toer moes onttrek, sê die heelagter Malcolm Jaer.

Jaer het drie weke gelede ure voor die span se vertrek na Cardiff, Wallis, sy rug seergemaak in die span se laaste oefening.

Die plan was dat hy daardie betrokke Sondag saam die plaasvervanger-flank Abongile Nonkontwana na Skotland sou vlieg vir die wedstryd teen Edinburgh, maar dit het toe nie gebeur nie.

Sy rug het nie genoegsaam herstel nie hy moes met Jan Tuisbly se karretjie ry. Hy het intussen volkome herstel en is die laaste week hard besig om op sy eie te slyp in Bloemfontein, terwyl die toergroep ’n blaaskans neem.

“Die besering het goed herstel en ek dink ook die twee weke af het my baie goed gedoen.

Die besering was gelukkig nie te ernstig nie en ek moes eintlik net van die spasmas in die rug ontslae raak.
Malcolm Jaer

“Die besering was gelukkig nie te ernstig nie en ek moes eintlik net van die spasmas in die rug ontslae raak,” sê Jaer.

Voor die ontydige besering was Mella, soos hy onder sy spanmaats bekend staan, die speler in die reeks met die meeste breekslae (nege). Hy is intussen deur ’n spanmaat, die vleuel Rabs Maxwane (tien), verbygesteek.

“Ek was ’n bietjie teleurgesteld omdat ek nie saam met die span kon toer nie, maar die rus was goed. Ek glo ek is reg om oor ’n paar weke weer te kan speel, mits ek gekies word.”

Die Cheetahs se volgende wedstryd is op 27 Oktober teen die Cardiff Blues in die Toyota-stadion in die Rosestad.

Ryno Eksteen in aksie vir die Cheetahs.

In Jaer se afwesigheid is Ryno Eksteen teen die Cardiff Blues in Wallis ingespan. Toe hy sy knie beseer het, is Louis Fouché verlede week teen Edinburgh met die nommer 15-trui toevertrou.

Jaer het geen bang haar op sy kop nie en is bekend daarvoor dat hy nie skroom om onder die hoë balle in te gaan nie, en daarby het hy ook ’n systap wat skrik vir niks.

Die vraag is egter of Franco Smith, die afrigter, hom in die opdrafspan teen die Walliesers gaan kies en of hy Fouché nog ’n kans gaan gee.

“As coach my ’n kans gee, is ek reg om te speel. Ek is weer die ou Mella en vol selfvertroue. Ek het die laaste tyd sonder enige ongemak geoefen. Die twee weke af het dus eintlik op ’n goeie tyd gekom,” sê Jaer, wat erken hy brand om op die veld te kom.

Hy glo ook daardie eerste oorwinning is in sig en dat hulle nou meer as ooit daarin moet glo.

“Ek dink as ons eers net ’n oorwinning kan kry, sal dit baie vir die span se selfvertroue beteken.”

Meer oor:  Malcolm Jaer  |  Bloemfontein  |  Rugby  |  Heelagter  |  Po14-Reeks  |  Blues  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.