Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Meneer OP’ onseker oor kontrak

Hy weet “regtig nie” hoe hy sal reageer as die Oostelike Provinsie hom ’n kontrak aanbied nie, sê die strydros-stut Schalk Ferreira.

Dié 36-jarige voorryman, wat voorheen die Southern Kings sowel as die OP aangevoer het, is tans steeds kontrakloos.

Hy is nie een van die huidige groep spelers wat die franchise hof toe sleep nadat hulle skielik salarisloos gelaat is as gevolg van die likwidasie van die Kings nie.

Die strydros Schalk Ferreira kan in die komende seisoen baie vir die OP beteken. Foto: Gallo Images

Ferreira se kontrak het reeds voor dit verstryk en hy het nog gehoop op ’n korttermynkontrak by die Kings toe die likwidasie plaasgevind het.

“Ek wag steeds om te hoor of ’n oorsese klub my kan gebruik. Soos die seisoen vorder, is daar beserings en kan my dienste benodig word,” sê Ferreira.

André Rademan, die president van die Oostelike Provinsie Rugbynie (OPRU), het verlede week gesê dié unie hoop om in die komende weke ’n kerngroep spelers vir volgende seisoen te kontrakteer.

Met verskeie spelers van die Kings skielik werkloos, is daar ’n kans dat van hulle deur die OPRU genader kan word.

Die skielike likwidasie van die Kings het egter ’n slegte smaak in die mond gelaat, hoewel Rademan dit duidelik probeer maak het dat dit nie die OPRU se skuld is dat die franchise geldprobleme gehad het nie.

Met die huidige uitvloei van talent uit die Oos-Kaap, soek die OP dringend ’n paar ervare spelers om die span bymekaar te probeer hou.

In dié opsig kan Ferreira ’n groot rol speel. Die veteraan-voorryman is al deur die voormalige OP-afrigter Barend Pieterse as “Meneer OP” beskryf.

“Ek weet regtig nie hoe ek dit sal hanteer as die OP my ’n kontrak sou aanbied nie,” sê Ferreira.

“Ek kan nie net sommer nee sê nie, maar dis iets waaroor ek eers sal moet nadink.”

Ferreira is lief vir Port Elizabeth en wil nie graag trek nie, maar hy sal nie by ’n OP-span, wat op amateuragtige wyse gedryf word, betrokke wil raak nie.

Aan die ander kant het hy werk nodig en as die aanbiedinge van oorsee nie deurkom nie, sal hy dalk bly wees om ’n OP-kontrak te kry.

Maar soos hy sê, hy sal eers diep oor die saak moet nadink en hy sal sekerlik enige kontrak wat voor hom neergesit word eers met ’n vergrootglas wil bekyk.

Meer oor:  Kontrak  |  Oostelike Provinsie  |  Schalk Ferreira  |  Opru  |  Kings  |  Likwidasie  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.