Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Meyer draf dalk voor vir Cheetahs
Tian Meyer Foto: Gallo Images

Die Cheetahs-span vir Saterdag se Pro14-wedstryd teen die Glasgow Warriors in Bloemfontein, kan meer as ’n handvol veranderinge toon.

As Woensdag se oefening enigsins ’n aanduiding was, het die breier, Franco Smith, die snoeiskêr ingelê.

Twee spelers van die Curriebeker-span, die losvoorspeler Niell Jordaan en die losskakel Louis Fouché, is na die Pro14-groep ontbied, terwyl die losskakel Ernst Stapelberg en die veelsydige agterspeler Ryno Eksteen op hul beurt vrygestel is vir Curriebeker-diens.

Fouché, wat ’n kanonvoet het, sal na verwagting speelkans as plaasvervanger kry.

Op skrumskakel is die verwagting dat Tian Meyer bo Shaun Venter kan begin en dat hy ook met die kapteinskap toevertrou sal word. Hy is een van ’n klompie leiers in die groep.

Die agtsteman Jasper Wiese het las van ’n seer skouer en sal nie vir die naweek se kragmeting oorweeg word nie.

Dit kan beteken dat ’n speler soos Aidon Davis die eerste keer op agtsteman ingespan word in ’n lostrio wat Gerhard Olivier en Junior Pokomela insluit. Jordaan kan op die bank wees.

Die belowende slot Walt Steenkamp kan hom ook die eerste keer in die beginspan bevind.

Ander moontlike veranderinge kan ’n heel nuwe voorry insluit waarin Aranos Coetzee, Joseph Dweba en Charles Marais die skrums moet anker.

Dweba het Jacques du Toit in die eerste Pro14-wedstryd van die seisoen teen Munster in die 69ste minuut en teen die Ospreys in die 48ste minuut vervang.

“Daar is baie mense wat sê ek kan nie ingooi in die lynstane nie, en dit sal ’n geleentheid wees om hulle verkeerd te bewys. Ek het die afgelope tyd hard gewerk en ’n kans in die beginspan teen die Glasgow Warriors sal ook wys dat die afrigters vertroue in my vermoë het,” sê Dweba.

Joseph Dweba op pad na sy drie in die eerste Curriebeker-wedstryd van die seisoen. Hy kan hom Vrydag in die beginspan van die Pro14-span bevind. Foto: Gallo Images

Hy sê hy het in die laaste twee weke in Europa geleer hoe belangrik dit is om vinnig te kan aanpas by die vreemde toestande. Hy erken hulle het nie heeltemal daarin geslaag nie.

“Wat nou belangrik is, is dat ons terug is en ons wil ondersteuners opgewonde maak met die soort rugby wat ons speel,” sê Dweba.

* Die skeidsregter vir Saterdag se wedstryd is Frank Murphy van Ierland.

* Moontlike beginspan: Malcolm Jaer, William Small-Smith, Benhard Janse van Rensburg, Nico Lee, Rabs Maxwane, Tian Schoeman, Tian Meyer (k), Aidon Davis, Gerhard Olivier, Junior Pokomela, JP du Preez, Walt Steenkamp, Aranos Coetzee, Joseph Dweba, Charles Marais.

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs  |  Glasgow
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.