Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Michael Rhodes in sop oor ‘kopstamp’
Michael Rhodes, wat voorheen vir die Haaie, Leeus en Stormers gespeel het, is dalk in die moeilikheid nadat hy blykbaar ’n teenstander van Leinster met die kop gestamp het. Foto: Getty Images

Michael Rhodes, flank van Saracens, is uitgewys vir ’n beweerde kopstamp op die Leinster-senter Robbie Henshaw in die Europese Kampioenebeker-kwarteindstryd in Dublin die afgelope naweek.

Hy is nie Saterdag in die wedstryd gestraf nie nadat dit op die oog af gelyk het asof hy sy kop terugswaai en vir Henshaw stamp. Beth Dickens, die uitwysbeampte, het dié voorval egter raakgesien en besluit dat Rhodes verhoor moet word.

“Rhodes word daarvan beskuldig dat hy vir Robbie Henshaw in die tweede minuut van die wedstryd met sy kop gestamp het, wat ’n oortreding van reël 9.12 is,” sê European Professional Club Rugby, die kompetisie se beheerliggaam, in ’n nuusverklaring.

’n Onafhanklike tugkomitee bestaande uit Simon Thomas (voorsitter, Wallis), Frank Hadden (Skotland) en Val Toma (Roemenië), sal die saak Dinsdagaand aanhoor.

Indien Rhodes skuldig bevind word, is die minimum straf wat aan hom opgelê kan word ’n skorsing van ses weke.

Saracens het die kragmeting met 25-17 gewen en speel komende Saterdag in die halfeindronde teen die Franse klub Racing 92. Toulouse en die Exeter Chiefs kom in die ander halfeindstryd teen mekaar te staan. – Reuters

Meer oor:  Saracens  |  Michael Rhodes  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.