Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Min tyd vir Kings se breierspos
Die Southern Kings se nuwe afrigter sal nou saam met Robbi Kempson, die Kings se hoëprestasiebestuurder, moet werk.Foto: Gallo Images

Diegene wat wil aansoek doen om die Southern Kings se nuwe hoofafrigter te word sal vinnig moet spring.

Die sluitingsdatum vir aansoeke is volgens ’n advertensie wat Donderdag op die Kings se amptelike webblad verskyn het reeds Maandag.

In die advertensie word gesê aansoekers moet minstens ’n Wêreldrugby-vlak 3-sertifikaat hê. Aansoekers moes ook al op senior nasionale vlak of op ander internasionale vlakke, soos Pro14- of Superrugby, afgerig het.

Die suksesvolle aansoeker sal ’n positiewe houding moet hê en hy sal die transformasieproses moet verstaan en kan toepas, sê die advertensie. Hy sal oor goeie kommunikasievaardighede moet beskik en sal nou saam met Robbi Kempson, die Kings se hoëprestasiebestuurder, werk.

Die suksesvolle aansoeker sal met die franchise oor sy salaris kan onderhandel.

Die suksesvolle aansoeker sal met die franchise oor sy salaris kan onderhandel.

Aansoekers kan hul CV’s na ZingiH@sarugby.co.za stuur. As hulle binne sewe dae ná die sluitingsdatum nog nie terugvoering gekry het nie, was hul aansoeke onsuksesvol.

Die Kings sal net met die persone op die kortlys skakel.

Die feit dat die sluitingsdatum so gou is, laat ’n mens egter wonder of die Kings nie reeds ’n kandidaat geoormerk het nie.

Meer oor:  Deon Davids  |  Port Elizabeth  |  Oos-Kaap  |  Southern Kings  |  Afrigter  |  Rugby  |  Pro14
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.