Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Mislukte bod: ‘Leeus moet geldpyn verlig’
’n Teleurgestelde Jurie Roux in Londen.Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se uitvoerende hoof, Jurie Roux, glo daar sal verreikende finansiële gevolge wees nadat Suid-Afrika nie as gasheerland vir 2023 se Wêreldbekertoernooi aangewys is nie.

“Buiten dat jy iets het waarna spelers streef om aan deel te neem, kry jy met ’n WB-toernooi ook ’n uitstekende finansiële platform,” het Roux in Londen gesê ná die aankondiging dat Frankryk as gasheerland aangewys is.

“Jy genereer genoeg inkomste sodat jy jou ontwikkelingsplanne verder kan voer en dalk ook om die uittog van spelers te stuit.

“Ons voer ’n stryd teen die euro, pond en jen en dit klink asof dit eersdaags ook teen die dollar gaan wees. Daardie is uitdagings wat ons nou op ’n ander manier die hoof gaan moet bied.”

Ons voer ’n stryd teen die euro, pond en jen en dit klink asof dit eersdaags ook teen die dollar gaan wees.
Jurie Roux

Die finansiële stryd wat Saru tans voer, het opnuut in die kollig gekom toe die Springbokke in ekonomiese klas na die Noordelike Halfrond moes vlieg vir hul jaareindtoer.

Twee van die slotte – Eben Etzebeth en Lood de Jager – het self betaal vir sitplekke in besigheidsklas omdat ’n vlug in ekonomiese klas weens hul lengte uiters ongemaklik sou wees.

Saru maak nou staat op 2021 se toer van die Britse en Ierse Leeus na Suid-Afrika om finansiële verligting te bring.

Die Britse & Ierse Leeus toer in 2021 in SA.

“Gelukkig is die Leeus op pad en hopelik sal dit nuwe geleenthede en inkomstestrome skep. Dalk kan dieselfde opwinding geskep word as wat vanjaar in die Nieu-Seeland die geval was,” sê Roux.

Die mislukte bod is nie net vanuit ’n rugbyperspektief ’n groot terugslag vir Suid-Afrika nie, maar ook vanuit ’n breër ekonomiese perspektief.

’n Ekonomiese impakstudie deur Grant Thornton het vroeër vanjaar beraam dat die WB-toernooi die Suid-Afrikaanse ekonomie ’n inspuiting van soveel as R27 miljard kon gee.

Soveel as 38 000 tydelike en permanente werksgeleenthede kon daardeur geskep word.

Meer oor:  Jurie Roux  |  Saru  |  Rugby  |  Geld  |  Wb-Bod
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.