Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Mitch op hete kole oor Lood en Lizo

Wanneer jy die Jaguares die stryd aansê, wil jy dit verkieslik nie sonder die groot talisman in jou agttal doen nie.

Die slot Lood de Jager was Saterdag weer ’n toring van krag vir die Bulle in die lynstane in die Superrugby-kragmeting met die Haaie.Foto: Gallo Images
Lood de Jager ná afloop van die wedstryd met ys op sy borsspier.Foto: Gallo Images

Daar is dus verstaanbaar kommer by Loftus Versfeld oor die beskikbaarheid van die Springbok-slot Lood de Jager.

Die Bulle vlieg Woensdag Buenos Aires toe om die Jaguares die komende naweek in die Superreeks te pak.

De Jager, wat vanjaar uitstekende rugby speel, het die veld Saterdag in die tweede helfte met ’n borsspierbesering verlaat in die genadelose stryd teen die Haaie op Loftus.

Om sake te vererger, het die stut Lizo Gqoboka ’n toon beseer en is reeds in die 26ste minuut vervang.

John Mitchell, hoofafrigter van die Bulle, het ná sy span se sege van 39-33 oor die span van Durban gesê hy is bekommerd oor albei se prognose.

“Ons sal moet wag om te hoor wat die skanderings Maandag wys, maar ek verwag nie dat dit goeie nuus sal wees nie.”

Mitchell sê Gqoboka se besering is ’n “kwessie”, gegewe Pierre Schoeman wat steeds ’n skorsing uitdien.

“Ons sal moet kyk wie ons die volgende twee weke kan leen. Daar is ’n paar Suid-Afrikaanse spelers wat in die Noordelike Halfrond klaargemaak het (by hul oorsese klubs) en ook ons Pro14-spanne.

“Ons gaan ’n strategiese besluit moet neem totdat Pierre terug is.”

Dit is ’n jammerte, want hy speel werklik uitsonderlike rugby op die oomblik. Daardie drie wat hy vanaand gedruk het, is ongelooflik.
John Mitchell

Die Bulle-breier sê De Jager se verwagte afwesigheid sal ’n gevoelige slag wees.

“Dit is ’n jammerte, want hy speel werklik uitsonderlike rugby op die oomblik. Daardie drie wat hy vanaand (Saterdagaand) gedruk het, is ongelooflik.

“Hy lyk weekliks na ’n speler wat jy ook in toetsrugby in jou span wil hê.”

John Mitchell, die Bulle se breier.

Volgens Mitchell is die risiko altyd groter in derbies om spelers aan beserings af te staan.

“Jy het die Nieu-Seelandse spanne wat mekaar smash en so ook die spanne in ons (Suid-Afrikaanse) konferensie.

“Dit gaan teen ’n prys kom en daar was waarskynlik al vanaand ’n verlies vir ons.”

Mitchell sê die Jaguares het baie goed gevaar op hul toer in Australasië, maar hulle is oënskynlik meer bestendig oorsee as wat hulle by die huis is.

“Hulle verskil aansienlik van die ander spanne in die kompetisie en ek het reeds in detail na hulle gekyk.

“Ek glo ek het hulle uitgewerk, maar dit gaan ’n goeie ingesteldheid en die regte benadering verg om hulle daar te klop.”

En moenie vergeet van die logistieke nagmerrie om na Buenos Aires te vlieg nie.

Ja, uit vorige ervaring verwag ek dat ons minus ’n paar bagasiestukke daar sal arriveer.
John Mitchell

“Ja, uit vorige ervaring verwag ek dat ons minus ’n paar bagasiestukke daar sal arriveer,” het Mitchell gegrap.

“Dit is ’n uitdaging. Ons gaan op pad terug om 02:00 hier land en moet dan toesien dat ons deeglik voorberei vir die Brumbies (op 26 Mei).”

Meer oor:  Lizo Gqoboka  |  John Mitchell  |  Pretoria  |  Buenos Aires  |  Bulle  |  Superrugby  |  Jaguares  |  Rugby  |  Beserings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.