Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Mitchell: Bokke sal nie waag met Gelant

Menige rugbyliefhebber hoop dat die belowende Warrick Gelant Saterdag sy toetsdebuut teen Italië gaan maak, maar John Mitchell, sy afrigter by die Bulle, meen die kans is skraal.

Warrick Gelant / Foto: Gallo Images

Hy glo Allister Coetzee, die Springbok-afrigter, sal die toets teen die Azzurri tot elke prys wil wen, en dat die ontwikkeling van ’n speler soos Gelant op die langebaan geskuif sal word.

“Saterdag se toets (teen Frankryk) was taai en naelskraaps en met al die druk wat daar is, glo ek nie daar sal baie gewaag word wanneer die span gekies word nie.

“Ek dink ook nie Warrick sal heeltemal so goed inpas as ek kyk hoe die Bokke op die oomblik speel nie. Hy bied iets anders.”

Andries Coetzee het sover vanjaar in al 11 die Bokke se toetse die nr. 15-trui gedra.

Hoewel Coetzee bestendig is en meer as tevrede kan voel met sy debuutjaar in toetsrugby, is daar diegene wat van mening is hy bied te min op die aanval en dat die Springbokke se agterlyn in die geheel ’n goeie skoot X-faktor makeer.

Gelant was briljant vir die Blou Bulle in die Curriebeker-reeks en het die kompetisie as die voorste driedrukker afgesluit.

Mitchell sê dit moet moeilik wees vir Gelant om saam te toer sonder om ’n kans te kry.

Gelant oefen saam met die Bokke. Foto: Gallo Images

“Ek kan net dink hy sal bitter graag wil speel. Hy is iemand wat graag betrokke en naby die aksie wil wees.”

Die Bulle-breier is ná afloop van die Curriebeker-halfeindstryd teen die Haaie gevra oor Gelant se kanse om ’n Bok te word.

Gelant het onder druk ’n paar foute in die Haaitenk gemaak.

Mitchell het gesê Gelant is bestem vir toetsrugby, maar hy is nie seker wanneer nie.

Die voormalige afrigter van die All Blacks het vroeër die seisoen gesê die giftige Gelant het met sy vaart, swenk en aftrap die aanvallende deugde wat min spelers in wêreldrugby het.

Mitchell het in dieselfde asem gesê die 22-jarige heelagter weet hy gaan hard moet werk aan sy verdediging.

Ná die skandes wat Suid-Afrika ’n jaar gelede in Florence teen Italië gemaak het, sal daar in die Bok-kamp anders gekyk word na Saterdag se toets.

Jy kan dus aanvaar dat bestendigheid bo onvoorspelbaarheid gestel sal word.

Meer oor:  Bokke  |  Jaareindtoer  |  Springbokke  |  Warrick Gelant  |  John Mitchell
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.