Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Mitchell pak dié week tasse by Loftus
John Mitchell, die Bulle se hoof van rugby, is vrygestel van sy kontrak en is op pad Engeland toe. Foto: Gallo Images

Dit is amptelik: John Mitchell is verlore vir die Bulle.

Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) en die Engelse Rugbyunie (RFU) het ná meer as ’n maand se onderhandelings tot ’n vergelyk gekom oor Mitchell se dienste.

Daar word betroubaar verneem die RFU het ingestem om ’n oordragfooi van tussen R3 miljoen en R5 miljoen aan die BBM te betaal.

Mitchell, wat in Mei verlede jaar in ’n verrassende wending as die Bulle se hoof van rugby aangestel is, word summier van sy kontrak vrygestel en sal glo reeds Sondag in Engeland aanmeld wanneer dié span vir ’n oefenkamp laer trek.

Dié voormalige afrigter van die All Blacks is as die Rose se nuwe verderdigingsbreier aangestel met die oog op volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan.

Daar word in Engelse rugbykringe bespiegel dat Mitchell selfs ná die toernooi by die hoofafrigter, Eddie Jones, kan oorvat.

Daar word in Engelse rugbykringe bespiegel dat Mitchell selfs ná die toernooi by die hoofafrigter, Eddie Jones, kan oorvat.

Hoewel dit te wagte was, beteken dit die BBM gaan ’n nuwe hoofafrigter vir aanstaande jaar se Superreeks moet kry.

Dit beteken daar sal ’n vierde nuwe hoofbreier in vyf seisoene by Loftus Versfeld wees (in Superrugby).

Die BBM is boonop midde-in ’n proses om ’n opvolger aan te stel vir sy uitvoerende hoof, Barend van Graan, wat in Januarie die tuig neerlê.

Mitchell se vertrek word by Loftus as ’n groot terugslag beskou.

Pote Human

Hoewel die Bulle nie vanjaar te waffers in die Superreeks gevaar het nie, het talle Springbokke soos Jesse Kriel, Handré Pollard en Lood de Jager van hul beste rugby in ’n lang ruk onder Mitchell gespeel.

Pote Human is die Bulle se afrigter in die Curriebeker-kompetisie, maar die kans is glo skraal dat hy oorweeg sal word as Superrugby-hoofafrigter.

Die name van Jimmy Stonehouse, die Pumas se direkteur van rugby, en die voormalige Bulle en Springbok-kaptein Victor Matfield doen die rondte as moontlike opvolgers vir Mitchell.

Van Graan het gesê hy is nie in ’n posisie om oor die kwessie kommentaar te lewer nie.

Benewens die All Blacks en Bulle, was Mitchell ook al afrigter van die Western Force (in Australië), die Leeus en Amerika se nasionale span.

Meer oor:  Pote Human  |  John Mitchell  |  Pretoria  |  Engeland  |  Afrigter  |  Bbm  |  Rugby  |  Kontrak  |  Rfu  |  Blou Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.