Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Mitchell tevrede met sy Bulle

Die Bulle het nie na Polokwane gereis om die telbord dop te hou nie.

Johnny Kotze, die Bulle-senter, en sy direkte teenstander van die Haaie, Lukhanyo Am, ding Saterdag in die Peter Mokaba-stadion in dié spanne se Superrugby-losmaker om besit mee.

En ondanks dié span se nederlaag van 14-31 Saterdagaand teen die Haaie, was John Mitchell, die Bulle-breier, tevrede met sy span se vertoning.

“Daar is baie om oor optimisties te wees. Ons het nie hierheen gekom met ’n perfekte vertoning as doelwit nie.”

Sy span het hier en daar met groot belofte aangeval, maar hanteerfoute was regdeur ’n geneuk vir albei spanne.

Die Bulle het goed verdedig, maar Mitchell het toegegee die lynstane was nie watwonders nie.

Hoewel hy van mening is dat die spanne die louere gedeel het in die skrums, is die Bulle meer as een keer in dié faset gestraf.

Mitchell sal oor die volgende paar weke moet besluit wie van Embrose Papier of André Warner die nr. 9-trui kry.

Papier, wat begin het teen die Haaie, het min geleenthede gekry en Mitchell het aangedui hy beplan om hom nog ’n kans te gee.

Warner is die gunsteling om Handré Pollard se skakelmaat te wees, maar dit is een van die min posisies in die beginspan waaroor Mitchell sal besin.

Pollard, Jesse Kriel, Warrick Gelant, Lood de Jager, Trevor Nyakane, RG Snyman en Jason Jenkins het nie saamgereis Polokwane toe nie en dit lyk asof hulle ook nie in die volgende twee losmakers – teen die Stormers in Wellington en die Jaguares in Pretoria – sal speel nie.

John Mitchell / Foto: Gallo Images

Mitchell sê Papier en die losskakel Manie Libbok se vaardighede is ’n groot bate, maar nie een van hulle is al die “finale produk” nie.

“Hulle moet net aanhou hard werk. Vanaand was ’n goeie geleentheid vir hulle. Hulle het blink loopbane wat wag.”

Mitchell sê die Bulle moet hul lynstane voor Saterdag teen die Stormers uitsorteer.

“Ons het die meeste rugby gespeel (teen die Haaie), maar ons het hulle te veel omgekeerde besit gegee. Daar was ook verlore aanvalsgeleenthede in die lynstane.

“Daar is altyd ruimte vir verbetering. Ek is egter in die geheel tevrede.”

Punte: Bulle 14 (7). Drieë: Manie Libbok, Jaco Visagie. Doelskoppe: Libbok, Marnitz Boshoff.

Haaie 31 (7). Drieë: Cameron Wright, Makazole Mapimpi (2), Marius Louw, Jacques Vermeulen. Doelskoppe: Curwin Bosch, Robert du Preez (2).

Meer oor:  John Mitchell  |  Pretoria  |  Rugby  |  Haaie  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.