Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Moedelose SA’ het nou sewes nodig
Alan Winde, die Wes-Kaapse premier (agter), Donderdag in Kaapstad saam met Suid-Afrika se mans- en vroue-sewesspanne. Die toernooi begin Vrydag en duur tot Sondag. Foto: Jaco Marais

’n Byeenkoms soos die Kaapstad-sewesrugbytoernooi wat Vrydag begin, is ’n ligpunt vir ’n land wat “moedeloos” is.

So het Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, Donderdag by die Cullinan-hotel in Kaapstad gesê. Dit was tydens die spanfotosessie van die Suid-Afrikaanse mans- en vrouesewesspanne wat die naweek aan die toernooi in die Kaapstad-stadion deelneem.

Winde is uitgevra oor die effek van beurtkrag op die Wes-Kaap se vermoë om ’n gebeurtenis soos die toernooi, wat deel vorm van Wêreldrugby se sewesreeks, suksesvol aan te bied.

“Jy kan sien die land is eintlik moedeloos. Maar ’n gebeurtenis soos dié gee vir ons ’n hupstootjie.

“Ek was deel van die bestuur van die rampbeplanning die week toe ons na fase 6 gegaan het. Ons was almal bekommerd oor die naweek (of die toernooi sal voortgaan weens beurtkrag), maar ons het ’n waarborg gekry dat die sewes sal aangaan,” sê Winde.

Die toernooi is in 2015 die eerste keer in Kaapstad aangebied, en word deur baie as die gewildste in die reeks beskou. Veral toeskouers geniet die vakansieatmosfeer wat sinoniem met Desember in die Moederstad is.

“Ek onthou daardie eerste paar jaar. Dit het ’n tydjie geneem, maar almal het geweet sewes gaan goed vaar in Kaapstad,” sê Winde.

“Dit is deel van die kalender en almal weet hulle moet hierdie tyd van die jaar in die Kaap wees. Ek kan nie wag om die naweek in die stadion te wees nie.

“Dit is goed vir ons as die Wes-Kaap en ook vir ons as Suid-Afrika.

“Wat gebeur het met die Springbokke (wat vanjaar die Wêreldbeker-toernooi gewen het) en nou met die sewes, dit lyk vir my ons het weer ’n goeie kans (om te wen). Dit is ook uitstekend vir ons ekonomie (om gasheer vir die toernooi te wees),” sê hy.

Meer oor:  Beurtkrag  |  Sewes  |  Blitsbokke  |  Alan Winde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.