Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Moenie Jantjies in blik druk,’ sê Rassie

Herschel Jantjies moet toegelaat word om sy eie spel te speel. Hy moet nie oorafgerig word nie.

Só het die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, gister gesê nadat die jongeling onder die Bokke nog ’n uitstaande vertoning gelewer het.

De Klerk

En, voeg Erasmus by, “op die oomblik laat hy dit maklik lyk om drieë te druk”.

Erasmus sê dat Jantjies ’n goeie aanvoeling vir die spel het. “As ons dít aanmoedig, sal hy net aanhou verbeter en aanhou doen wat hy vandag (gister) gedoen het. Die lekker ding is dat hy dit op die hoogste vlak doen.

“Ons moet egter ook iewers vir Cobus Reinach ’n goeie kans gee om te speel. Ons het die afgelope jaar werklik lekker diepte in die groep gebou.

Jantjies self was ná die toets baie opgewonde oor sy drie.

“Om eerlik te wees, het ek nie regtig aan iets gedink nie (toe ek die skop agterna gesit het),” het Jantjies in ’n video-onderhoud op die Springbokke se

Reinach

Twitter-rekening gesê.

“Ek wou net die bal in my hande kry en die drie druk. Ek kon dit nader (aan die pale) kry, maar gelukkig het hy (Handré Pollard) ’n goeie skop aan die einde vir ons oorgeskop.”

Faf de Klerk, wat die speelveld ná 44 minute weens ’n harde stamp teen die kop verlaat het voordat Jantjies opgestuur is, sal volgens sy afrigter gou reg wees.

“Ek gaan niemand in die groep van 36 spelers in Nieu-Seeland huis toe stuur of iemand ontbied nie.

“Faf het nie sy koptoets tydens die wedstryd geslaag nie. Daar was in die wedstryd wel ’n kommunikasiegaping wat sy presiese situasie was toe hy vir die koptoets afgestuur is. ’n Speler mag net vir ’n sekere aantal minute van die veld wees, maar dit het uiteindelik geen verskil gemaak nie (aangesien hy nie kon terugkeer nie).”

– Hendrik Cronjé

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.