Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Moerat sien positiewe sy van die inperking

Salmaan Moerat, bielieslot van die Stormers, glo Suid-Afrika se beroepsrugbyspelers kan in die toekoms nog dankbaar wees vir die stampe en stote wat hulle danksy die staat van inperking gespaar word.

Die Stormers-bielie Salmaan Moerat meen die staat van inperking kan rugbyspelers se loopbane verleng. Foto: Gallo Images

“Elkeen het sy eie ervaring daarvan (die inperking) gehad, maar ek dink dit was vir die meeste spelers ’n geleentheid om asem te skep en te herstel,” het hy Woensdag op ’n aanlyn konferensie gesê.

“Ek sou nie sê dit het op die regte tyd gekom nie, maar op die lange duur dink ek die staat van inperking kan goed wees vir jou loopbaan. Dit kan jou loopbaan verleng.”

Die 22-jarige Moerat lig die voormalige All Black-losskakel Dan Carter se destydse sabbatsverlof uit as ’n voorbeeld van hoe ’n speler daarby gebaat het dat hy vir ’n ruk die fisieke intensiteit van die Superreeks gespaar is.

Tim Noakes, ’n bekende sportwetenskaplike, het ook onlangs ’n mening gelug dat Suid-Afrika se spelers op die lange duur voordeel sal trek uit die gedwonge ruskans wat deur die Covid-19-pandemie meegebring is.

Suid-Afrika se agt franchises is vir ’n paar weke nou al aan die slyp, maar met die frustrasie dat hulle nog nie kontakoefeninge mag doen nie. Moerat sê egter dat die spelers hul seëninge tel.

“Dis heerlik om terug te wees. Die inperking het by elke speler ’n begeerte geskep om terug te keer. Almal is opgewonde,” sê hy.

Dis ook lekker om op die veld te wees en die bal te kan rondslinger. Daardie gevoel van mededinging is iets wat ons gemis het.
Salmaan Moerat

“Ongelukkig moet ons in klein groepe werk, maar dis beter as om op jou eie te oefen. Dis ook lekker om op die veld te wees en die bal te kan rondslinger. Daardie gevoel van mededinging is iets wat ons gemis het.”

Moerat voeg by dat dit belangrik is dat daar versigtig te werk gegaan word om die spelers kontakfiks te kry vir wedstrydsituasies.

“Ek dink die fisieke impak op die voorspelers is geweldig hoog. So terwyl die inperking fisiek tot jou voordeel kan strek, moet jy slim te werk gaan om jou liggaam te kondisioneer om weer te kan speel,” sê hy.

“Ek is seker ons sal min of meer vyf weke van behoorlike kontakoefening gegun word voordat ons weer begin speel. Dit sal goed wees vir ons, veral met die kwessie van beserings in gedagte.”

Meer oor:  Salmaan Moerat  |  Kaapstad  |  Covid-19  |  Nuweland  |  Rugby  |  Stormers  |  Slot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.