Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Mohoje het nagte wakker gelê

Hy het nagte wakker gelê.

Die Springbok-losvoorspeler Oupa Mohoje slaap die laaste tyd baie beter nadat die Cheetahs hom weer gekontrakteer het.

BRISBANE, AUSTRALIA - SEPTEMBER 10: Springboks pla
Oupa Mohoje bars weg met die bal in 2016. Foto: Getty Images

“Ek het ’n lang tyd baie min of niks geslaap nie, want ek het nie weet of ek kom of gaan nie. Dit klink natuurlik lekker om te sê alles is oukei, maar dit was nie. Om wakker te lê oor ’n kontrak, is nie lekker nie.

“Gelukkig betaal ek iemand om namens my vir kontrakte te beding, so ek is James Adams (my agent) baie dank verskuldig omdat hy daarin kon slaag om vir my ’n kontrak te beding nadat ek vir twee jaar nie gespeel het nie,” sê Mohoje.

Dié 29-jarige boorling van Qwaqwa was twee jaar buite aksie weens ’n kniebesering wat bly lol het.

“Kom ons wees eerlik, wie wil ’n kontrak teken met ’n rugbyspeler as hy twee jaar nie gespeel het nie? Maak nie saak wat ek voor my besering gedoen het nie.

“Toe ek destyds in Limerick teen Munster 13 minute op die veld was, het ek nie gedink dit sou vir eers my laaste wedstryd vir die Cheetahs wees nie. Dit is ongelukkig die aard van rugby, en niemand kan dit keer nie,” sê hy.

Ek het baie lank wakker gelê en nie geweet wat my toekoms inhou nie, maar almal hoop mos maar vir die beste.
Oupa Mohoje
Oupa Mohoje sit af op ’n lopie in ’n Curriebeker-wedstryd tussen die Vrystaat-Cheetahs en die Blou Bulle in 2018 in Bloemfontein. Foto: Gallo Images

Hy was nooit bitter oor die situasie nie, totdat hy besef het dat hy dalk sy laaste wedstryd vir die Cheetahs mag gespeel het.

“Ek het baie lank wakker gelê en nie geweet wat my toekoms inhou nie, maar almal hoop mos maar vir die beste.

“Ek het elke dag hard gewerk in die hoop dat môre beter sou wees, maar niemand kan dit voorspel nie. Ek het steeds aan die hoop vasgeklou.

“Ek slaap nou eers weer, noudat ek klaar ’n kontrak geteken het, so ja, dit is nie maklik nie en glo my, dis nie lekker nie. Hiervandaan moet ek my bes doen, dis al.”

Hy het sy laaste salaris aan die einde van Mei gekry en was meer bekommer oor ’n kontrak as oor waar sy volgende salaris vandaan sou kom. Ek wou eers net ’n kontrak by ’n span kry en rugby speel.

“Ek is by die Cheetahs, die span vir wie ek lief is, so hoekom moet ek nou kla?”

Meer oor:  Oupa Mohoje  |  Bloemfontein  |  Springbok  |  Rugby  |  Kontrak  |  Pro14  |  Flank  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.