Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Mohoje, Mienie toer saam na Australië
Oupa Mohoje Foto: GALLO IMAGES
Danie Mienie Foto: GALLO IMAGES

Die Cheetahs se Springbok-losvoorspeler Oupa ­Mohoje sal volgende week, wanneer die Vrystaat sy Curriebeker-veldtog in Bloemfontein teen die Welwitchias begin, sy terugkeer ná ’n knie-operasie maak.

Die 25-jarige Mohoje sal soos die stut Danie Mienie stelselmatig sy terugkeer tot die Cheetahs se ­Superrugby-span maak.

Mienie, wat van ’n enkelbesering herstel het, het die afgelope naweek vir die Vrystaat gespeel.

Indien hy wedstrydfiks is, kan hy saam met Mohoje oorweeg word om saam met die Cheetahs se Superrugby-groep na Australië te toer.

Mienie het die afgelope naweek 35 minute teen die Grens Bulldogs gespeel.

Franco Smith, die Cheetahs se afrigter, het gesê hy was tevrede met Mienie se vertoning.

“Dit was nie nodig om nou enige risiko’s te loop met Danie nie, daarom het hy kans gekry by die Vrystaat.

“Dit is nie altyd maklik om terug te kom van so ’n ernstige besering nie, maar ek is tevrede met wat ek gesien het,” het Smith gesê.

Smith wil spelers wat ná beserings terugkeer, geleidelik betrek.

Hy glo as spelers te vinnig opgetrek word, loop hulle die risiko om weer beserings op te doen.

Smith het gesê hy wil hê Minnie moet wedstrydfiks wees voor hy die toergroep kies.

“Ons gee alle spelers in die Superrugby-groep wat beseer is nog kans om volkome te herstel. Danie is een van daardie spelers.

“’n Speler soos Mohoje word juis so bestuur dat hy gekies sal word indien hy benodig word,” het Smith gesê.

Nog beseerdes wat gemonitor word en moontlik in Smith se toergroep ingesluit kan word, is die senters Rayno Benjamin (kuit), Michael van der Spuy (nek) en William Small-Smith (toon).

Die losvoorspeler Willie Britz (duimoperasie) sal op 18 April reg wees vir aksie.

“Benji en Michael se beserings het langer geneem om te herstel as wat aanvanklik verwag is. Daar sal heelwat van die beseerdes wees wat herstel het wanneer ons op toer gaan,” het Smith gesê.

Dié situasie gee Smith ’n kopseer oor wie bly en wie ry, maar dis ’n lekker kopseer.

Die Cheetahs sal drie wedstryde in Australië speel. Hulle begin die toer op 22 April in Melbourne teen die Rebels.

Hulle sal ook in die naweke daarna teen die Reds in Brisbane en die Waratahs in Sydney speel.

Superrugby-puntelyste

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.