Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Mokuena dalk Griekwas se nuwe breier

Jonathan Mokuena, afrigter van die Pukke en die Luiperds, kan straks die leisels as breier van Griekwas se rugbyspan oorneem.

Jonathan Mokuena in sy speeldae by die Blitsbokke. Foto: Gallo Images

Gerugte doen die ronde dat Mokuena (37) sy naam in die hoed kan gooi as opvolger vir Peter Engledow, wie se kontrak aan die einde van Oktober verval.

Mokuena is sedert 2016 die afrigter van die Pukke en het die span daardie jaar na Varsitybeker-glorie gelei. Onder hom het Pukke ook in vanjaar se eindstryd gespeel.

Die Luiperds het die afgelope twee jaar ook onder sy leiding die eindstryd van die Curriebeker se Eerste Liga gehaal.

Mokuena, ’n losvoorspeler wat in sy speeldae die Blitsbokke aangevoer het, het ’n noue verbintenis met die Poubloues. Hy het onder meer vir hulle gespeel en was ook die span se kaptein.

Daar was verlede jaar gerugte dat hy as die Junior Springbokke se nuwe afrigter aangestel sou word. Chean Roux is egter toe in daardie pos aangestel.

Dawie Theron, ’n oud-breier van Griekwas, se naam is onlangs ook genoem as iemand wat weer in die pos kan belangstel, terwyl die naam van Loffie Eloff, wat tot verlede jaar die Amerikaanse klubspan, die Austin Huns afgerig het, ook genoem word.

Dit lyk egter asof die ringkoppe in Kimberley ’n afrigter soek wat met die kultuur van Griekwas vertroud is.

Pieter Bergh, hulpafrigter van die Griekwas. Foto: Facebook

Nog ’n oud-Poubloue, die gewese vleuel Jearus Nicholas, sê hy stel in die pos belang.

Nicholas (45), wat bekend was vir die flambojante manier waarop hy vir sy drieë oorgeduik het, het Griekwas in 116 wedstryde tussen 1998 en 2003 verteenwoordig. Hy het ook drie keer vir die destydse Cats in die Superreeks gespeel. Hy was sedert sy speeldae by die afrigting van verskeie spanne soos die Vrystaat-amateurspan, SWD se o.19-span en die Progress-klub in George betrokke.

Pieter Bergh (33), wat tans Griekwas se agterlyn- en verdedigingsafrigter is, is ook sterk in die wedloop om Engledow op te volg.

Bergh is sedert 2012 by die unie betrokke en deeglik bewus van die huidige stelsel en spelerskorps.

Riaan van Straten (33), wat Sishen-rugbyklub tot verlede jaar in die Gold Cup-kompetisie gebrei het, kan dalk ook belangstelling in die pos toon.

Van Straten is in 2017 as die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein se direkteur van rugby aangestel.

* Die losvoorspeler Eital Bredenkamp, wat vroeër vanjaar nog vir die Southern Kings in die Pro14-reeks uitgedraf het, is intussen deur Griekwas vir die Curriebeker-reeks gekontrakteer.

Meer oor:  Jonathan Mokuena  |  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.