SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Rugby
Monnas teen Helpies: Stryd van kampioene
Die Hoërskool Monument se Jason Freeman duik oor vir ’n drie in vanjaar se Virsekerbeker-reeks.Foto: Marius Nortjé

In ’n seldsame verskynsel sal twee verdedigende kampioene sake Saterdag uitspook in die eindstryd van die Virsekerbeker-reeks by Tuks se L.C. de Villiers-stadion.

Die Hoërskool Monument van Krugersdorp draf in sy tweede eindstryd van die jaar op wanneer hy vir Helpmekaar Kollege van Johannesburg pak in die Beker-eindstryd.

In 2017 het Monnas se Wit Bulle die Virsekerbeker se eindstryd vir makro-skole gewen nadat hulle Nelspruit se Rhinos met 40-26 geklop het.

Helpmekaar, wat verlede jaar aan die afdeling vir groot skole deelgeneem het, het op sy beurt vir Transvalia in 2017 met 52-24 in die eindstryd die loef afgesteek.

Hy was verlede week in die halfeindronde net-net baas met ’n doodsnikdrie en doelskop om die einste Transvalia met 34-33 te verslaan.

Hy was verlede week in die halfeindronde net-net baas met ’n doodsnikdrie en doelskop om die einste Transvalia met 34-33 te verslaan.

Monnas het in die halfeindstryd vir Garsfontein met 45-14 laat les opsê.

Die reeks se formaat het in 2018 verander waar ’n krag-benadering voorkeur geniet bo die getal leerlinge in die onderskeie skole.

Helpies het in die groepfase vir Monnas met 27-18 ore aangesit en sal hoop dat hulle weer só ’n kragvertoning kan lewer, terwyl Monument vanjaar ’n tweede beker in sy trofeëkas sal wil staanplek gee.

Monnas is in Mei as die kampioene van die Tuks-skolereeks gekroon toe hulle vir Hoërskool Menlopark met 38-36 getroef het.

* In die Plaat-afdeling sal Hoërskool Eldoraigne se Groen Drake die bordjies teen Hoërskool Noordheuwel wil verhang.

Nories het in die groepafdeling vasgebyt vir ’n merkwaardige sege van 29-28 oor die Eldo’s en sal wéér so wil maak.

In die halfeindronde moes Eldoraigne hard werk om vir Marais Viljoen met 44-38 om te dop en sal sy verdediging dié keer veel beter moet wees.

Noordheuwel het self ’n naelskraapse sege van 24-22 oor Kempton Park behaal.

* In een van die grootste trekpleisters Saterdag wag ’n titaniese kragmeting wanneer die Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen en Hoërskool Oos-Moot swaarde kruis in die eindstryd van die Skild-afdeling.

In die eerste ronde van die reeks het die Vossies met speeltyd reeds verstreke die Pretorianers geklop met ’n strafdoel om met 52-50 die pyp te rook.

Oos-Moot sal ’n appeltjie te skil hê met hul teenstanders.

Oos-Moot sal ’n appeltjie te skil hê met hul teenstanders.

Dis die eerste keer sedert 1982 wat dié skool se eerste span in dié reeks, wat destyds as die Direkteurstrofee bekend gestaan het, se eindstryd sal uitdraf. Die span se afrigter, Kobus Vorster, was toe deel van die seëvierende span.

* In Afdeling 2 sal Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi en Hoërskool Secunda sake uitspook terwyl Brandwag sy nederlaag teen Leeuwenhof in 2017 se kwarteindronde van die destydse afdeling vir medium-skole sal wil regstel in die Afdeling 3-eindstryd. Leeuwenhof was toe met 29-18 baas.

In Afdeling 4 sal Stella Hoërskool en Morgenzon Landbouskool om die titel meeding.

Die program vir eerste spanne is:

Afdeling 1

Alles by die L.C. de Villiers-stadion:

Beker-eindstryd: Helpmekaar t. Monument, (12:30).

Plaat-eindstryd: Eldoraigne t. Noordheuwel, (10:00).

Skild-eindstryd: Ben Vorster t. Oos-Moot, (08:00).

Afdeling 2

Frikkie Meyer t. Secunda, Tuks A-veld (12:00).

Afdeling 3

Brandwag t. Leeuwenhof, Tuks B-veld (12:00).

Afdeling 4

Stella t. Morgenzon, Tuks E-veld (12:00).


Meer oor:  Helpmekaar  |  Garsfontein  |  Pretoria  |  Monument  |  Monnas  |  Skolerugby  |  Eindstryd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.