Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Montpellier se ‘Stalinistiese’ boete geskrap

Die Franse Rugbyfederasie (FRF) se kommissie van appèl het Montpellier se boete van €400 000 (meer as R6,5 miljoen) vir oortredings van die Top14-reeks se salarisbeperkings teruggetrek.

Montpellier se Springbok-haker Bismarck du Plessis se salaris het onder dié getel wat die Franse rugbyliga se aandag getrek het. Foto: Getty Images

Die kommissie het egter ’n vorige boete van €50 000 wat die Franse rugbyliga (LFP) weens “oortredings van deursigtige verpligtinge” aan die klub opgelê het, tot €100 000 verhoog, berig Rugby365.

Montpellier is aanvanklik beboet omdat hy die perk van €11,3 miljoen per jaar vir salarisse oorskry het deur spelers ’n bykomende €428 000 te betaal vir die 2017-’18-seisoen toe die span tweede geëindig het.

Die salarisse van die Springbok-broers Bismarck en Jannie du Plessis het onder dié getel wat die LFP se aandag getrek het.

Montpellier se president, Mohed Altrad, het verlede maand gesê die klub is die slagoffer van ’n “Stalinistiese stelsel” waar die liga die spelers se pryse bepaal.

Volgens Reuters verdien die veelsydige agterspeler Frans Steyn €500 000 per jaar by Montpellier, terwyl Netwerk24 in Mei berig het Handré Pollard se aanbod sal meebring dat die losskakel sowat R20 miljoen ’n seisoen verdien.

Mohed Altrad, president van Montpellier. Foto: Getty Images

Montpellier is ook op die Bok-skrumskakel Cobus Reinach se spoor en het boonop reeds Suid-Afrikaanse skolesterre soos Kade Wolhuter, Robbie Rodgers (albei Paul Roos) en Marcell Muller (Grey Kollege) gekontrakteer.

Die res van Montpellier se groot groep Suid-Afrikaanse spelers sluit in Johan Goosen, Jan Serfontein, Henry Immelman, Paul Willemse (wat intussen ’n Franse burger geword het), Nicolaas Janse van Rensburg en Jacques du Plessis.

Die Engelse en Europese kampioen, Saracens, is Maandag met 35 ligapunte en ’n yslike £5,36 miljoen (meer as R100 miljoen) beboet vir oortredings rakende regulasies oor salarisperke in die Engelse Premierliga.

– Sportredaksie

Meer oor:  Top14  |  Montpellier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.