Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Montpellier soek Reinach met seer hart

Die Franse klubspan Montpellier is op Cobus Reinach se spoor.

Die skrumskakel Cobus Reinach kan straks na die Wêreldbekertoernooi by die Franse klubspan Montpellier aansluit.Foto: Gallo Images

Hulle beskou hom as die geskikte plaasvervanger vir Ruan Pienaar wat sedert die Curriebekerreeks terug by die Cheetahs is.

Die Franse rugbykoerant Midi Olympique het die nuus oor Montpellier se poging om Reinach te kontrakteer, onthul.

Die 29-jarige Reinach, een van die drie skrumskakels in die Bokke se Wêreldbeker-groep, was dié seisoen een van Northampton Saints se sterre deur nie minder nie as 12 drieë in 21 wedstryde te druk.

Hy is ook as een van die vyf Spelers van die Seisoen in die Engelse Premierliga benoem.

Reinach speel van 2017 af vir Northampton en sal ’n groot leemte by sy Engelse klubspan laat as hy wel later besluit om te skuif.

Netwerk24 kan bevestig dat Reinach nog ’n bindende kontrak tot 30 Junie 2020 met Northampton Saints het. In die stadium het Montpellier net navrae oor die moontlikheid van so skuif gedoen.

Reinach se aandag is nou eers op op die Wêreldbeker gerig. Hy sal eers daarna aandag aan Montpellier se belangstelling gee.

Verskeie stappe en prosesse moet ook eers gevolg word voordat hy ’n besluit kan neem.

Montpellier soek na ’n skrumskakel nadat Pienaar wat van 2017 vir hulle gespeel het, vroeër vanjaar besluit het om sy kontrak daar kort te knip en na sy familie in Bloemfontein terug te keer.

Die 35-jarige Pienaar het dadelik groot impak by die Cheetahs gemaak deur hulle te help om die Curriebeker te verower.

Montpellier het vanjaar al ’n aantal goeie inkopies gemaak, waarvan Handré Pollard se naam bo-aan die lys verskyn. Pollard sal hom ná die Wêreldbeker daar aansluit.

Die Franse klubspan het ook Suid-Afrikaanse skolesterre soos Kade Wolhuter, Robbie Rodgers (albei Paul Roos) en Marcell Muller (Grey Kollege) gekontrakteer.

Montpellier sal ’n yslike slag slaan as hulle Reinach kan lok.

Reinach sal nie enige rol in Saterdag se Wêreldbeker-groepwedstryd teen die All Blacks in Jokohama speel nie.

Faf de Klerk sal Pollard se skakelmaat in die verwagte rillerstryd wees wat in nat toestande kan plaasvind met reën wat voorspel word. Herschel Jantjies sal die plaasvervanger-skrumskakel wees.

Reinach kan eerder later teen spanne soos Namibië en Kanada kans kry.

Dit word verwag dat Rassie Erasmus dieselfde 23-tal sal kies as wat teen Japan gespeel het.

Die Bokke hou wel Trevor Nyakane se kniebesering dop wat die deur vir Vincent Koch kan oopswaai.

Meer oor:  Cobus Reinach  |  Montpellier  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.